Let baie mooi op die fynskrif
GODFREY KLEINHANS VAN KEETMANSHOOP SKRYF:
Aldus die nuusblaaie en sosiale media het ene Nathan Ganes in Suid-Afrika ’n assuransiepolis op sy lewe geneem, sou hy voor sy gade hierdie aarde verlaat. Ek is seker dit het hom gemoedsrus gegee, omdat sy gesin finansiël versorg sou wees.
Ganes is ongelukkig in ’n kapingspoging oorlede. Groot was sy weduwee se skok toe die betrokke versekeringsmaatskappy weier om die uitbetaling te doen.
Hulle verweer was dat Nathan Ganes nie verklaar het dat hy aan hoë bloedsuikervlakke ly nie. Om alles te kroon, het die maatskappy die R50 000 wat hulle toe reeds aan haar betaal het, teruggeëis. Die maatskappy onderneem toe om die premies wat reeds betaal was aan haar terug te gee. Selfs die ombudsman vir versekering in Suid-Afrika was dit eens met die maatskappy dat sy nie ’n eis gehad het nie.
Ná al haar pogings om die versekeraar te oorreed om die geld aan haar uit te keer, het Ganes haar gewend tot sosiale media. Die reaksie het so ’n geweldige druk op die versekeraar geplaas dat hulle verplig gevoel het om die geld (R2,4 miljoen) aan haar uit te keer. Dit was baie duidelik dat daar geen verband tussen die hoë glukosevlakke en Nathan Ganes se dood was nie. ’n Groot onreg is verhoed.
Dit bring my by my storie wat eintlik in verband met korttermynversekering staan.
In 2008 het ek al my aardse besittings by ’n bepaalde versekeringsmaatskappy verseker, nogal teen ’n aardige premie. Verder is ek, nadat ek die ouderdom van sestig bereik het, vrygestel van die verpligte bybetaling ("excess"), sou ek in ’n ongeluk beland.
Vroeg in 2017, nadat ek ’n kleinerige eis (in die omgewing van N$7 000) ingedien het, is ek meegedeel dat hulle die eis sal uitbetaal, dat my verpligte bybetaling verval het en dat ek dus ’n bybetaling van N$5 000 sou moes maak, asook dat hulle my nie verder kon verseker nie.
Ná jare dat hulle my premies ontvang het, het hulle besluit om ons verbintenis eensydig op te skort. Ek moes persoonlik na die kantoor van die makelaar en die versekeraar se satellietkantoor gaan om agter die kap van die byl te kom.
By die satellietkantoor is ek op ’n onsimpatieke wyse meegedeel dat my eisratio te hoog is. Geen ander versekeraar wat op hierdie dorp besigheid doen, het vir my kans gesien nie. Gelukkig kon ek geholpe raak by ’n makelaar in Windhoek en teen ’n redelike laer premie.
NIE MY SKULD NIE
Laat my eers die twee eise voor die laaste een noem wat die “wiele laat afkom” het. In 2016 het iemand met ’n bakkie in my kattebak vasgery; die skade was aansienlik. Daarna het ’n koedoe in my vasgehardloop met ’n soortgelyke skade-eis. Die verteenwoordiger van die versekeraar het eenvoudig verduidelik dat ek ’n te groot risiko vir hulle geword.
Hy het egter (gerieflikheidshalwe?) nie genoem dat ek geen skuld aan enige van die drie ongelukke gehad het nie. Korttermynversekering is dan juis daargestel om mense teen donvermydelike en onvoorsiene skade te beskerm.
’n Klompie jare gelede het iemand my motor liggies gestamp. Ek het die nodige verpligte bedrag betaal en my assuransie het dit van die ander party se assuransie teruggeëis.
Ek het nou al van twee makelaars verneem dat versekeraars nie meer na die element van skuld kyk nie. Die reël is dat elke versekeraar verantwoordelikheid neem vir sy eie kliënt se voertuig. Hierdie reëling is volgens mt in stryd met elke basiese begrip van demokrasie en menseregte. Die effek hiervan is dat die skuld vir al die ongelukke waarin ek betrokke was, na my verskuif het.
Ek dink senior burgers se kwytskelding van die verpligte bybetaling is deel van ’n bemarkingstrategie.
Ouderdom plaas beperkinge op liggaamlike vaardighede, sig en akkuraatheid. Só ’n voordeel sal vir elke senior burger aanloklik lyk.
Die wegneem van hierdie voorreg klink egter vir my oneties en nie in belang van die breë senior burger-gemeenskap nie. Die argument van die versekeraar dat hy nie kontraktueel daartoe verbind is nie, is na my mening nie reg nie.
Ek moet noem dat nêrens aan my verduidelik is dat so ’n bepaling in die fynskrif geskryf is nie. Nêrens is ook aan my verduidelik dat ek as versekerde ook aanspreeklik gehou sal word vir die skade aan my voertuig wat deur ’n derde party veroorsaak is nie.
Ek wil aanbeveel dat verbruikers van korttermynversekering seker maak van al die feite alvorens hulle hul hand op paper sit. Ek is daarvan oortuig dat die bepalings (fynskrif) aangevul kan word.
Verder: vergelyk premies vir korttermynversekering. Ek kan u ’n brief gee dat dit die moeite werd sal wees. Laastens, verkondig op sosiale media praktyke wat u nie aanstaan nie.
Versekeraars maak klomp geld uit die feit dat ons lewens met onsekerhede besaai is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie