Lewis gaan winkels op platteland verminder
Lewis se vooruitsigte vir die res van die boekjaar lyk nie belowend nie.
Nellie Brand-Jonker
Die meubelmaatskappy Lewis beplan om van sy plattelandse winkels te verminder nadat sy wins in die halfjaar tot einde September skerp gedaal het.
Poste gaan ook verminder word, maar Johan Enslin, uitvoerende hoof, kan nog nie sê met hoeveel nie.
Lewis se wins het die afgelope halfjaar met byna 42% van R298 miljoen tot R174 miljoen gedaal.
Dit is toegeskryf aan die swak ekonomiese toestande en die impak van die nuwe regulasies in die Nasionale Kredietwet, wat ''n jaar gelede in werking getree het, asook die voortslepende droogte.
Baie van sy winkels is op die platteland en sy klante sluit plaaswerkers in.
Sy aandeelprys het gisteroggend met 4% gedaal. Die aandeelprys is reeds byna 16% laer sedert sy handelsverklaring in Oktober waarin hy gewaarsku het oor sy winssyfers.
Enslin sê die regulasies vereis dat verbruikers hul laaste drie salarisstrokies of bankstate moet toon om vir krediet aansoek te doen.
“Dit is ''n groot probleem vir baie klante in ons teikenmark in die laer- tot middelinkomstegroepe, wat vir hulself werk of in die informele sektor werk,” sê Enslin.
Meubelverkope het met 1% gestyg in die halfjaar vergeleke met die ooreenstemmende halfjaar ''n jaar gelede.
Uitgesluit nuwe winkels wat oopgemaak is die afgelope jaar, het verkope met 9,2% gedaal.
Regulasies
Hy sê die impak van die nuwe regulasies kan veral gesien word in die kredietverkope in vergelykbare winkels, wat met 11% gedaal het. Die impak was groter op die platteland waar die groep hoofsaaklik Lewis-winkels het.
Kredietverkope hier in vergelykende winkels met 15% gedaal.
Enslin sê die vooruitsigte vir die res van die boekjaar gaan nie verbeter nie. Daar is toenemende druk op verbruikers se besteebare inkomste.
Hy beklemtoon die sterkte van die maatskappy se balansstaat. Die maatskappy skep steeds kontant en het baie minder skuld as ''n jaar gelede.
“Hoewel ''n mens nie kan sê dit is goeie resultate nie, is die belangrike boodskap dat ons steeds winsgewend bly, en die direksie en die bestuur glo op medium- tot lang termyn is die vooruitsigte goed, want baie van ons mededingers bestaan nie meer nie.”
Hy sê die sakemodel sal egter aangepas moet word en winkeltakke gaan in “Platteland Suid-Afrika” gekonsolideer word om kostedruk te verlaag.
Volgens hom sal daar op sommige dorpe waar twee winkels is, een toegemaak word. Ander inisiatiewe gaan egter eers probeer word, soos om die totale koste op ''n dorp te verminder deur strukture te deel. Dit sluit in om die afleweringspanne en voertuie te deel.
Syfers
• In geheel het sy inkomste met 2% tot R2,7 miljard gedaal.
• Dit is toegeskryf aan die daling van 4% in ander inkomste, wat versekeringsinkomste insluit.
• Die bedryfswinsmarge het gekrimp van 14,7% tot 10% weens die stadiger groei in inkomste en die bedryfskoste wat skerper gestyg het onder meer weens die nuwe winkels wat geïntegreer moes word.
• Die maatskappy het ''n jaar gelede 56 winkels van Ellerines en Beares in Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland gekoop.
• Die groep het nou 118 winkels buite Suid-Afrika, wat 15% van sy 780 winkels beloop.
• Sy debiteurekoste het boonop ook met 7% gestyg. Hierby ingesluit is die slegte skuld wat met 70% tot R415,7 miljoen gestyg het.
• ''n Tussentydse dividend van 100c per aandeel is uitbetaal.
• Verlede jaar het dit 215c beloop.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie