Liefde ken g’n (in)perke
Ons leef nou al byna ’n jaar onder inperkings weens Covid-19 en moes sedert Maart verlede jaar meer tyd binnenshuis deurbring as ooit tevore.
Maar ons mense is vindingryk en ons het vinnig maniere gevind om spesiale geleenthede en groot dae soos byvoorbeeld Paasfees, Kersfees, verjaardae en troues anders te vier.
Baie het ook reeds besluit Covid-19 gaan nie Valentynsdag vir ons bederf nie. Al gaan dit nie dieselfde rooi en pienk hartjies-ontploffing van die verlede wees nie, voel menige ná wat ons in 2020 deur is en steeds deurmaak, moet ons juis vanjaar ekstra moeite doen om die liefde te vier.
Met dié dat almal ingehok is en aangeraai is om eerder by die huis te bly, het baie dalk besluit hulle gaan nie vanjaar na ’n hotel of restaurant toe nie.
Hulle gaan vir die eerste keer in jare die dag (of naweek, aangesien Valentynsdag vanjaar op ’n Sondag val) van liefde by die huis vier, maar dit beteken nie dit gaan ’n afgewaterde viering wees nie.
Christine Delport, ’n Kaapse verhoudingskenner, sê net omdat paartjies Valentynsdag anders sal moet vier, beteken nie dit hoef minder spesiaal te wees nie.
“Paartjies verkies deesdae om meer geld en tyd op ervarings te spandeer eerder as om net in ’n restaurant te gaan eet. Maar ’n ervaring hoef nie altyd buite die huis plaas te vind nie. Daar is deesdae so baie dinge wat jy kan doen en huur dat jy amper enigiets in jou huis of agterplaas kan doen,” sê sy.
HIER IS ’N PAAR IDEES HOE OM VALENTYNSDAG TUIS TE VIER:
’N PIEKNIEK IN DIE TUIN
Gooi ’n kombers op die gras, maak ’n bottel vonkelwyn oop en hou ’n romantiese piekniek in die gemak van jul eie woonruimte. Julle kan selfs ’n wegneem ete van jul gunsteling restaurant bestel, pleks daarvan om self te kook.
’N ROMKOM-MARATHON
Daar is ’n menigte romantiese komedies wat tans op Netflix wys. Die derde fliek in die gewilde To All the Boys-reeks, Always and Forever, word op 12 Februarie op dié platform uitgereik. Ander moontlikhede is Always Be My Maybe of Set It Up, en vir diegene met ’n liefde vir die meer klassieke romkoms, is rolprente soos Pride and Prejudice of die tranetrekker The Notebook dalk net die regte kykstof. Julle kan ook jul eie springmielies maak!
ONTBYT IN DIE BED
Verras jou geliefde met ’n eenvoudige gebaar, soos ontbyt in die bed. Daar is nie baie mense wat nié van ontbytkos hou nie. As kosmaak dalk nie jou sterkpunt is nie, is dit die idee wat tel! Bonuspunte vir hartjievormige wafels of -plaatkoekies. . .
KOOK SAAM
Die pad na ’n man (of vrou) se hart is deur sy maag. Om ’n bietjie tyd saam in die kombuis deur te bring, is dalk net wat julle nodig het. Wanneer altwee hand bysit sal dit ’n wedersydse gevoel van waardering skep wanneer julle by die tafel aansit. Studies het immers bewys dat die brein kos en romanse direk met mekaar verbind.
SPA-DAG
Bederf mekaar met ’n spa-dag by die huis. Gee mekaar masserings, gesigbehandelings, selfs pedikure. Eindig die naweek op ’n ontspanne noot met ’n Valentynsdag-gloed.
Vir dié wat wel die buitewêreld saam met hulle geliefdes (versigtig) wil aandurf, is daar verskeie aktiwiteite wat oor Valentynsnaweek in en om Windhoek plaasvind. - Netwerk24 en eie berig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie