Liewe Mamma. . .
Tanja Bause - Dis ’n maand gelede wat ek die eerste brief aan Mamma geskryf het. Sjoe, tyd vlieg en só baie goed het gebeur.
Ek lê lekker veilig hier en luister wat Mamma sê.
Soms wil ek terug praat, maar ek kry geen geluid uit nie, so dan skop ek jou maar en hoop jy verstaan dat ek eintlik lang stories vertel, nie saamstem nie, of alles beaam wat ek hoor.
Ek sal nog oefen, en ek is seker ek sal eendag lekker harde geluide kan maak en soos Mamma kan praat en lag.
Mamma het intussen uitgevind ek is ’n meisie en ek het gehoor hoe gil Mamma toe Mamma uitvind.
So, ek neem aan Mamma is bly.
Ek hoor my naam is Zia-Lee.
Ek het nou die dag gehoor toe Mamma verduidelik het waar die naam vandaan kom.
Ouma het gedroom my naam is Zia. Sy is slim, want sy het geweet ek is ’n meisie. En die “Lee” het Mamma van die meisie Mikayla-Lee se naam geleen. Ek het nog van niemand met só ’n naam gehoor nie.
Daar kan seker ander meisies wees wat ook so ’n naam het, maar dít sal ek eers uitvind as ek ’n bietjie groter is en daai mens ontmoet van wie Mamma so baie praat, wat jy jou vriend noem.
Ek hoor Mamma se altyd “Google is your friend”. Ek kan nie wag om vir Google te ontmoet nie.
Google is baie slim en weet alles, sê jy altyd vir die tannies. Sodra ek vir Google ontmoet, sal ek vra of daar nóg meisies met die naam Zia-Lee is en sommer ook waar hulle is. Ek is seker Google sal weet.
Ek hoor Mamma ook dikwels van Bietsie, die hondjie, praat.
Ek weet al klaar wat ’n hond is, want ek is mos immers baie slim.
’n Hond is ’n mens se beste maatjie. Ek hoor die tannies praat oor wat hulle alles met hul honde doen.
Ek kan nie wag om vir Bietsie te ontmoet nie. Ons sal só lekker saam speel en beste maatjies wees. Kinders en honde speel saam in die reën, gooi balle rond en beleef avonture saam, hoor ek.
Die een tannie het nou die dag vir Mamma gesê Mamma moet vir my in ’n pram sit wanneer ek groter is, en dan moet Mamma met my gaan stap. Dis glo goed vir ons twee. Die tannie het gesê die vars lug en sonskyn sal my goed doen. Ek hoop Bietsie kan ook saam gaan. Mamma moet net sorg dat die pram lekker groot is en dat ons al twee daarín of daaróp kan pas.
Ek verstaan as Mamma en die tannies praat, maar woorde soos pram ken ek nie. Dit is vir my ’n baie vreemde woord. So, dis hoekom ek nie lekker weet of ek en Bietsie ín of óp of ónder die pram sal pas nie. Ek sal net ’n bietjie geduldig moet wees, dan sal ek presies sien wat ’n pram is.
Die spasie hierbinne word nou al ‘n bietjie klein, en ek weet ek moet nog ’n bietjie groei, maar Mamma, ek kan nie meer lank wag nie.
Ek wil so graag vir jou, Bietsie, die tannies, my ouma en Mikayla-Lee ontmoet. Ek is amper reg, ek wil nog net my hare en naels ’n bietjie langer laat groei sodat ek soos ’n prinsessie lyk as ek julle vir die eerste keer sien.
Liefde-groete, Zia-Lee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie