Linkse revolusie hou vele gevare
Linkse revolusie hou vele gevare

Linkse revolusie hou vele gevare

Dani Booysen
Feitlik alle Namibiërs stem saam drastiese ingrypings bly op verskeie gebiede nodig om ons land se brandpunte aan te spreek.

Groot linkse skuiwe op die politieke spektrum kan egter meer skade as goed veroorsaak.

Die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) se aankondiging dat hy kandidate vir vanjaar se verkiesing van streek- en dorpsrade gaan stel, was nie werklik ‘n Nuwejaarsverrassing nie.

Die AR het verlede jaar redelik openlik sy steun gewys vir dr. Panduleni Itula, die onafhanklike kandidaat wat Swapo nou amptelik wil skors. Swapo sal beslis sterk teenstand van die AR kry en bykomende onafhanklike kandidate kan stemme verder fragmenteer.

Die AR sal eers in Februarie sy verkiesingsplanne finaliseer, maar einde Januarie se tussenverkiesings – waarin verskeie onafhanklike kandidate staan – sal ‘n interessante toetslopie wees.

Indien Swapo se steun ewe veel as in November se algemene verkiesing krimp, sal die regerende party groot getalle setels inboet.

Die AR het 2020 tot “jaar van revolusionêre optrede” verklaar. Grondhervorming – ook in stedelike gebiede – en behuising is die beweging se twee sentrale mobiliseringskwessies, maar verleidelike retoriek moet versigtig teen gevare vir die ekonomie en beleggingsekuriteit opgeweeg word. Nie net Swapo nie, maar alle opposisie sal slim alternatiewe moet stel.

Die jaar gaan ‘n tweede, hoogs interessante verkiesing oplewer. Tyd sal leer of Namibië, soos in Suid-Afrika, ook ‘n groter skuif na links gaan sien.

So sê ander

3 Januarie 2020

Tafelberg moet as internasionale bate bestuur word

Weer eens is Tafelberg se beeld as internasionale toeriste-aantreklikheid geknou – dié slag nie deur gewelddadige misdadigers nie maar deur die optrede van beamptes van die Tafelberg Nasionale Park self.

Terwyl die voorval waarin die beamptes die fietsryster Nicholas Dlamini se arm gebreek het, ondersoek word, lyk die kanse goed dat die saak in die hof sal gaan draai. Om sake te vererger stroom klagtes van die publiek in oor ander gevalle van magsmisbruik deur parkbeamptes.

Dit lyk inderdaad of beamptes nie na behore opgelei is nie of nie weet presies wat hul werk is nie.

Natuurlik is daar begrip vir die moeilike taak wat Sanparke het met die bestuur en beveiliging van die berg. Tafelberg is ná ’n jare lange stryd tot nasionale park verklaar en is 221 km² groot – ’n enorme gebied midde-in ’n stad. Maar juis gegewe dié uitdaging is dit onverstaanbaar waarom Sanparke mannekrag verspil op onnodige onderonsies met die publiek.

Tafelberg geniet internasionaal aansien as een van die sewe nuwe natuurwonders van die wêreld en dis hoog tyd dat die berg as sulks bestuur word.

Almal wat ’n belang het by die bestuur en beveiliging daarvan – Sanparke, die polisie, die metro, die provinsiale en nasionale regerings, toerisme-owerhede en ook die publiek – behoort nouer saam te werk.

• DIE BURGER (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!