• Tuisblad
  • Sake
  • Listeriose: Só word verbruikers nou beter beskerm
Listeriose: Su00f3 word verbruikers nou beter beskerm
Listeriose: Su00f3 word verbruikers nou beter beskerm

Listeriose: Só word verbruikers nou beter beskerm

Hanlie Stadler – Nuwe regulasies om Suid-Afrikaners teen die gesondheidsgevare van verwerkte vleis te beskerm, word op 8 Oktober van krag.

Dit kom ná die listeriose-epidemie wat einde 2017 uitgebreek het en tot Maart 2018 geduur het. Altesame 1 060 gevalle is bevestig en 216 mense is dood.

Tiger Brands, wat onder meer Enterprise-polonie vervaardig, moes meer as ses maande lank van sy aanlegte sluit en miljoene rande se produkte is van winkelrakke onttrek.

’n Groepgeding teen Tiger, wie se Enterprise-aanleg in Polokwane, Limpopo, as die hoofbron van die listeriose-epidemie geïdentifiseer is, word eersdaags aangehoor. Richard Spoor verteenwoordig meer as 600 eisers, insluitend familielede van 86 oorlede kinders en dié van ongeveer 100 babas wat doodgebore is.

Die nuwe regulasies gaan opgedwing word deur die Nasionale Reguleerder van Verpligte Spesifikasies (NRCS), wat aan die departement van handel, nywerheid en mededinging verslag doen.

Die plan is ’n uitgebreide program van inspeksies landwyd ten einde enige bakterieë vroeg te identifiseer.

“Dis belangrik om te verseker dat verbruikers beskerm is teen skadelike bakterieë wat deur voedsel oorgedra word. Ons kosbedryf is belangrik vir die land se ekonomiese ontwikkeling en werkskepping. Werk in die kosbedryf moet verseker word deur maatreëls wat toepaslike beskerming aan verbruikers verskaf.”

’n Taakspan van die departement van handel, van gesondheid en van landbou en grondhervorming word ook benoem om te kyk of ’n toegewese owerheid oor kosveiligheid in die land op die been gebring moet word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!