Loerbroer volg dalk in lorriedrywers se spore
Henriette Lamprecht
Daar is geen manier om te bepaal waar lorriedrywers stop nadat hulle die land by 'n grenspos binnegekom, tot waar hulle weer by padblokkades binnelands aanmeld om vir Covid-19 geskandeer te word en uiteindelik die bestemming bereik waar vrag afgelaai en hulle in kwarantyn geplaas word nie.
Volgens die direkteur van primêre gesondheidsdienste in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), me. Naemi Shoopala, gaan opsporingstelsels in vragmotors nou moontlik gebruik word om presiese roetes en stilhouplekke te bepaal.
Shoopala het die naweek tydens in 'n inligtingsessie by die Covid-19-kommunikasiesentrum gesê in sommige gevalle kan die opsporingstelsel in die betrokke vragmotor die roete volg waar gestop is en kan die betrokke owerhede in die volgende dorp dienooreenkomstig ingelig word.
“Ons het egter die insette van eienaars nodig. Tans is daar geen manier om dit te beheer nie,” het sy gesê.
Volgens Shoopala word vragmotors tans toegelaat om hul vrag by die betrokke bestemming af te lewer, voordat die bestuurder vir 14 dae in kwarantyn geplaas word. Vragmotorbestuurders wat die land slegs as 'n deurgangsroete gebruik, word nie in kwarantyn geplaas vir die tydperk wat hulle in die land is.
Intussen het 'n Namibiese vragmotorbestuurder se opvolgtoetse vir die coronavirus Vrydag getoon hy het herstel van Covid-19 nadat hy in Zambië positief daarvoor getoets het.
GEVAL IN ZAMBIë
Volgens die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula, word dié vragmotorbestuurder volgens internasionale riglyne nie by Namibië se gerapporteerde syfers gevoeg nie. Namibië het teen druktyd gister steeds 16 Covid-19-positiewe gevalle gehad. Dit is byna twee maande nadat die eerste twee gevalle in die land aangemeld is.
Shangula sê die uitslae van twee opvolgtoetse vir die Namibiese vragmotorbestuurder het bevestig hy is gesond.
Die vragmotorbestuurder het Namibië op 19 April via Katima Mulilo verlaat waarna hy in Masaiti in die Kopergordel in Zambië in kwarantyn geplaas is. Hier het hy aanvanklik negatief getoets en is hy toegelaat om sy reis na die Kasumbalesa-grenspos op die grens met die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) voort te sit. Volgens Shangula is hy egter weer opdrag gegee om na Masaiti terug te keer, waar hy positief getoets het en in isolasie geplaas is.
Twee opvolgtoetse later het hy negatief vir die siekte getoets en is Covid-19-vry verklaar. Met verwysing na berigte oor nog 'n Namibiese vragmotorbestuurder wat positief getoets het, het Shangula gesê hy is 'n Zimbabwiese burger en nie 'n Namibiër soos wat aanvanklik berig is nie.
Teen gister is 1 122 weefselmonsters getoets, waarvan minstens 996 negatief was. Sestien kontakte van die Namibiese vragmotorbestuurder word gemonitor. Altesaam 259 mense is tans in verskillende plekke in die land kwarantyn.
Dit sluit die 69 Namibiërs in wat in Suid-Afrika gestrand was en verlede week uit Kaapstad en Johannesburg hierheen gerepatrieer is. Hulle is na Gross Barmen buite Okahandja geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie