Lorriedrywers se klagtes aangehoor

Die ministerie van arbeid het ingestem om na lorriedrywers se insette oor hul werksomstandighede te luister.
Augetto Graig
font face="Verdana" >

font face="Verdana" >



Die permanente sekretaris van die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Bro-Matthew Shingudja, het verlede week geluister na die uitdagings wat lorriedrywers in Namibië ervaar.

Die ministerie is besig om met die internasionale arbeidsorganisasie te onderhandel om navorsing oor die werksomstandighede van lorriedrywers in Namibië te ondersteun, het hy gesê.

Drywers en betrokke vakbonde, regeringsamptenare en verteenwoordigers van die Paaieowerheid (RA), die Namibië Verkeersinligtingstelsel (NaTIS), die Namibiese Werkgewersfederasie (NEF) en die Namibië Logistieke Vereniging (NLA), het bygedra tot die gesprek in ’n poging om dié winsgewende bedryf beter te reguleer.

Mnr. Sebedeus Gawanab het gesê: “Ons lorriedrywers maak groot opofferings wanneer ons die huis verlaat en ons mense moet agterlaat.”

Gawanab eis mediese dekking, pensioen, ’n motortoelaag, behuisingtoelaag en dat ’n einde gemaak word aan die praktyk dat drywers per kilometer betaal word.

“Ons soek oortydbetaling en dat die stelsel waarvolgens ons gepenaliseer word vir brandstofverbruik, geskrap word. Ek verdien ’n basiese salaris van N$2 500 en as ek nie die kilometers doen nie, is dit al wat ek kry,” het hy gesê.

Daar word ook nie na die veiligheid van lorriedrywers gekyk nie, het Gawanab gesê.

“Maatskappye verkies om jonger drywers aan te stel en wil ook nie toelaat dat ons by vakbonde aansluit nie. Hul grootste bekommernis is om ’n profyt te maak. Ons praat hier oor geld. Ek is moeg, maar ek het die geld nodig. As hulle 20 sent per kilometer betaal, moet ek Durban toe en terug ry om maar N$700 te verdien."

Vakbondleier, mnr. Josef Garueb, het gesê die stryd om die bedryf te reguleer kom al ’n lang pad.

“Ons het ’n wet nodig om die bedryf te reguleer. Ons moet navorsing doen om te sien wat werklik in die bedryf aangaan,” het Garuaeb gesê.

Een probleem is glo dat vervoermaatskappye Zambiese drywers eerder as Namibiërs aanstel omdat hulle goedkoper is.

“Meeste van die vervoermaatskappye is teen vakbonde omdat hulle daarvan hou om mense aan te stel en af te dank soos hulle wil. Mens moet hul kantore in Suid Afrika bel om met hulle te probeer kommunikeer,” het hy gesê.

“Kom ons kyk na ’n wet wat die minimumloon en werksomstandighede bepaal,” sê hy.

Mnr. Tim Parkhouse het namens die NEF gesê: “Dit is die eerste keer dat ek betrokke is by ’n gesprek oor lorriedrywers. Ek hoor wat julle sê oor die lang ure, die tekort aan rus en die probleme wat buitelandse maatskappye veroorsaak, maar ons moenie onregverdig wees deur die indruk te skep dat alle maatskappye so optree nie. Wees regverdig en balanseer jul eise met die vereistes van die bedryf.

"Ons moet onafhanklike navorsing doen.”

Parkhouse het ook genoem dat hy nog nooit ’n aansoek voor die arbeidsadviesraad gesien het vir Zambiese lorriebestuurders om in Namibië te werk nie.

Hy voel dat nog ’n wet nie nodig is nie.

“Kan ons nie liewer na self-regulasie kyk nie?” het hy gevra.

Mnr. Harald Schmidt van die NLA stem saam met Parkhouse en ondersteun die idee om navorsing te doen.

Hy het gesê drywers moet maatskappye waar hulle misbruik word onder die vereniging se aandag bring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!