Lorries stééds in Zambië gebriek
Zambië wil gekonfiskeerde Namibiese vragmotors opnuut inspekteer om vas te stel van waar die hout wat vervoer word, afkomstig is.
Ronelle Rademeyer - Meer as drie maande nadat die Zambiese owerhede beslag gelê het op nagenoeg 200 Namibiese vragmotors en 'n verdere sowat 500 van ander lande in die streek, is eienaars in kennis gestel dat 'n nuwe reeks vraginspeksies uitgevoer gaan word.
Mnr. Willie du Plessis, van Super Transport op Walvisbaai, sê hoewel 'n vorige ronde inspeksies uitgevoer is, is eienaars nou ingelig dat die vragte opnuut geïnspekteer gaan word.
“Die ooreenkoms 'n ruk gelede was dat hulle die vragte sou inspekteer en die drywers dan toelaat om na Namibië terug te keer. Die inspeksies is uitgevoer, maar die vrystellingsdokumente is nooit aan die drywers uitgereik sodat hulle die land kon verlaat nie. Nou hoor ons hulle (die Zambiese owerheid) gaan van voor af met inspeksies begin,” sê Du Plessis.
Benewens Namibië word vragmotoreienaars en -bestuurders van Tanzanië, Botswana, Zimbabwe en Suid-Afrika ook deur die beslagleggings geraak.
Zambië het in Februarie 'n verbod geplaas op die uitvoer van Mukula-hout (Pterocarpus chrysothrix), ook genoem rooshout of bloedhout vanweë die hout se rooi kleur.
Dit is 'n bedreigde houtspesie wat veral in China hoog in aanvraag is vanweë die besonderse kwaliteite van die hout.
Du Plessis, wat reeds baie lank vir Chinese kliënte dié hout via Zambië na die Walvisbaai-hawe vervoer, sê dit word gebruik om geweerkolwe vir die weermag te maak, asook vir meubels en medisinale doeleindes.
Verbod
Die Chinese nuusagentskap Xinhua berig die Zambiese Inkomste-owerheid (ZRA) konfiskeer vragmotors nadat pres. Edgar Lungu 'n regulasie onderteken het wat die vervoer van gesaagde hout deur Zambië verbied.
Xinhua berig mnr. Kingsley Chanda, algemene kommissaris van die ZRA, sê dié owerheid het besluit om alle vragmotors wat hout vervoer, te verbied om die land te verlaat terwyl die ondersoek hangend is.
Chanda het luidens die nuusagentskap aan joernaliste gesê dit blyk dat vervalste permitte en vervoerdokumente daarop dui die hout is uit die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) afkomstig, terwyl dit eintlik Zambiese hout is.
Handel in Mukula is nie in die DRK verbode nie.
Du Plessis sê dit is inderdaad so dat van die vragmotoreienaars die hout in Zambië gelaai het, maar voorgee dit kom uit die DRK.
“Dit is blykbaar juis hoekom hierdie twee rondes inspeksies gedoen word. Dié met wettige permitte en wat reg geseël is, sal glo geskei word van die lorries wat nie aan die reëls voldoen nie.
“Dit is 'n baie sensitiewe saak, want daar is vermoedelik van ons Namibiese vervoerders wat ook skuldig is,” sê Du Plessis.
Mnr. Deon van Blommestein, eienaar van DVB Trucking op Otjiwarongo, sê sy verseëlde vragte is tydens die eerste ronde geïnspekteer, die permitte is gefynkam en die vrag is weer geseël.
“Hulle kon niks fout vind nie, maar my drywers word steeds nie toegelaat om te vertrek nie. Intussen loop ons onkoste op en ons verloor baie geld.”
Hy sê die gestrande drywers verkeer onder baie stres. 'n Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurder het enkele dae gelede verongeluk toe hy besluit het genoeg is genoeg, en met sy lorrie weggejaag het.
Hy sê van die vervoerders het met 'n prokureur gesels oor die moontlikheid om 'n dringende aansoek by die hof in Lusaka in te dien. Dit is in 'n poging om die Zambiese regering deur middel van 'n hofbevel te dwing om die vragmotors vry te stel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie