Los gonswoorde, takel beleid
Dat die jongste amptelike ekonomiese groeisyfers ‘n mens depressief maak, is ‘n feit soos koei. Dat Namibië in ‘n depressie is, is nie ‘n voldonge feit nie.
Anders as met ‘n resessie, wat tegnies as twee opeenvolgende kwartale van negatiewe groei op ‘n jaargrondslag beskou word, is daar geen amptelike definisie vir ‘n depressie nie. Maatstawwe wat gebruik word, sluit ‘n beduidende en langdurige val in die bruto binnelandse produk (BBP) in, ‘n uitgerekte resessie wat tot groot voortgesette werkverliese ly, ‘n reusetoename in kredietwanbetalings, asook lone en salarisse wat kwaai krimp.
Vir die meeste van dié aanwysers het ons nie nuwe data nie.
Wat ons wel weet, is dat die Namibië Statistiekagentskap (NSA) se syfer van -0,8% in die derde kwartaal beteken die land het vir 10 opeenvolgende kwartale negatief gegroei. Amptelik het Namibië verlede jaar met -0,95% gegroei. In 2016 en 2015 is groei van 0,6% en 6,1% onderskeidelik aangeteken.
Met die ekonomie gaan dit oënskynlik tog effe beter as ‘n jaar gelede. Toe was groei -1,0%. Klein- en groothandel, die swaargewig in BBP, het die afgelope kwartaal met -5,8% gegroei – heelwat “beter” as -8,3% van die derde kwartaal in 2017.
Resessie of depressie behoort nie nou ‘n debat te wees nie. Deurdagte en volhoubare beleidsrigtings beslis. So ook hoe die regering en private sektor as ‘n saak van erns móét hande vat om die ekonomie te diversifiseer sodat dit nie so uitgelewer aan eksterne risiko’s is nie – ‘n verskoning wat té veel gebruik word.
Só sê ander: 16 Desember 2018 Rapport
Cyril se taakspan moet Eskom red
Ramaforie het gekom en gegaan. Intussen het ons groeikoers, die rand en Andile Mngxitama ons gestroop van daardie post-staatsrede-naïwiteit.
Maar stadigaan begin ons tog gewoond raak aan ’n president wat dinge presidensieel doen. Vrydag was dit weer so met die aanwys van Cyril Ramaphosa se Eskom-taakspan.
Eskom sou in September aankondig hoe hy geherstruktureer moet word. Dis uitgestel tot November, maar al wat November opgelewer het, was jaarresultate wat wys dat Eskom te diep in sy eie skuld weggesink het om homself te red.
Eskom kan egter nie bloot toegelaat word om te sink nie. Die kragvoorsiener is ons eie Fannie Mae: Te groot en te belangrik om te misluk.
Tog het Ramaphosa die afgelope week gedoen wat laas onder pres. Thabo Mbeki gebeur het: Toe Eskom geld vra om sy skuld af te los (R100 miljard nogal), is hy met leë hande weggestuur. “Gaan soek geld op die kapitaalmarkte,” was die antwoord uit Tuynhuys.
Vrydag se Eskom-taakspan is die derde buitengewone taakgroep wat Ramaphosa vanjaar aangewys het. Net soos die ander twee, die taakspan wat hom oor grondhervorming moet adviseer en die span regslui wat hom gehelp het om ’n nasionale direkteur van vervolging aan te wys, het hy die beste beskikbare talent gevra om hom raad te gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie