LRON-lede gee groot vir bejaardes

Gerine Hoff
Lede van Land Rover Owners Namibia (LRON) het onlangs by die Oude Rust-oord in Windhoek byeengekom om die dag saam met bejaardes deur te bring.
Die doel was om mense bewus te maak van die omstandighede waaronder van die land se ouer garde leef en om geld in te samel vir die bejaardes in die hoësorgeenheid. Dit sal gebruik word om hul uitgawes te help betaal wat nie deur mediese fonds gedek word nie. Terselfdertd wou hulle ook gehaltetyd saam met die oues van dae deurbring.
Buiten die N$30 000 wat onder LRON-lede ingesamel is, is borgskappe van geskenkpakkies, komberse, toiletware en verversings ook ontvang wat aan inwoners oorhandig is.
Die hoogtepunt van die dag was ’n rit vir bejaardes saam met LRON-lede in hul motors oor ’n roete wat ’n “ligte” 4x4-uitdaging ingesluit het. Baie van die passasiers het gemeen die rit was te kort en hulle sou graag nog bietjie verder wou saamry.
Daarna is saam gekuier en gebraai, waar Namibië se Windpomp Boere-orkes oud en jonk se voete aan die stamp gehou het.
Sonder die ruim bydraes en skenkings wat deur borge en lede gemaak is, asook die orkes wat gratis opgetree het, sou die pretdag nie moontlik gewees het nie. Dus spreek LRON ’n woord van dank uit aan almal wat gehelp het om die dag ’n reusesukses te maak.
Land Rover-eienaars wat graag by die groep sou wou aansluit of meer inligting oor LRON verlang, kan ’n e-pos aan [email protected] stuur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!