Ma en dogter stal uit

Lloyd Zandberg
Die Omba-galery bied ‘n multimedia kunsuitstalling deur ’n ma en dogter, Elna Venter en Comine Bruwer, aan.

Ná haar kinderjare het kunsonderwyser en -skrywer Elna 'n verskeidenheid abstrakte kunswerke geskep.

Haar werke weerspieël haar lewenslange versameling emosies, herinneringe, ervarings en indrukke.

Sy maak van die intaglio-drukwerk-effek gebruik.

Sy het haar onderwysloopbaan aan die Windhoek-onderwyskollege in primêre skoolonderrig en kuns ontvang.

Ná 18 jaar van onderrig het sy afgetree en meer aandag aan haar loopbaan as kunstenaar geskenk.

Elna het al aan verskeie solo- en groepuitstallings deelgeneem en vir haar nuuste uitstalling saam met haar dogter, getiteld Reflection in Form, keer sy na binne en kyk terug op betekenisvolle aspekte van haar kinderjare.

Comine Bruwer, ’n gekwalifiseerde juwelier en ontwerper, is deur drie dimensies betower en het die ideale medium gevind om haarself die beste in uit te druk.

Haar voorkeurmedium vir beeldhouwerk is brons, maar sy sluit ook onkonvensionele materiale soos klei en glas in om diepte by te voeg en haar werk spesifieke betekenis te gee.

Sy het haar graad in beeldende kunste (juweelontwerp) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf, en het 10 jaar lank as goudsmid in Suid-Afrika en Namibië gewerk voor sy met haar man en kinders Botswana toe getrek het.

Ten spyte van 'n persoonlike voorkeur vir suiwer brons as medium, is haar werk uniek omdat sy 'n verskeidenheid onkonvensionele materiale in die skeppende proses insluit, soos gebreekte en weggooi-items.

Sy put inspirasie uit haar erfenis, nuwe ervarings, ander kulture, die omgewing, die natuur en Afrika.

Reflection in Form sal van 5 tot 29 Maart by die Omba-galery te sien wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!