Macron kap Trump op sy eie voorstoep
Die Franse president het sy Amerikaanse eweknie onder meer oor sy teenkanting van die Paryse klimaatsverdrag gekritiseer.
Die Franse president, Emmanuel Macron, het Woensdag tydens sy toespraak in die Amerikaanse kongres in Washington verskeie beleide van pres. Donald Trump kragdadig uitgedaag.
Hy het gemaan die VSA moet meer by die res van die wêreld inskakel, bykom met die stryd teen klimaatsverandering en vir eers deel wees van die Iran-kernonderhandelings.
Macron is op 'n drie dae lange staatsbesoek in die VSA.
Hy het herhaaldelik Trump se “isolasionistiese beginsels” gekritiseer in die gesamentlike sitting van die Amerikaanse kongres.
Hy het gesê die VSA se betrokkenheid in die globale gemeenskap is noodsaaklik en dat Trump se teenkanting van die Paryse-klimaatsverdrag en internasionale handelooreenkomste kortsigtig is.
Die Franse president het selfs verwys na Trump se alombekende veldtogslagspreuk in 2016, “Make America Great Again” en gevra dat die VSA die planeet weer wonderlik maak.
Macron het 'n sterk verhouding met Trump ontwikkel in 'n tyd waar verskeie Europese leiers 'n afstand hou.
Sonder om Trump by die naam te noem, het Macron die Republikeinse president se beskermende en nasionalistiese impulse uitgedaag en gesê moderne ekonomiese- en veiligheidsuitdagings moet 'n gedeelde globale verantwoordelikheid wees wat gegrond is op 'n nuwe soort multilateralisme – 'n alliansie van verskeie lande wat dieselfde doel nastreef.
“Die VSA is die land wat hierdie multilateralisme uitgevind het. Julle is nou die een wat moet help om dit te bewaar en te herskep,” het Macron gesê.
Hy het ook gesê die internasionale kernonderhandelings met Iran, waarop Trump skerp kritiek gehad het, is nie perfek nie, maar moet in plek bly totdat die onderhandeling vervang word.
“Dit is die waarheid om te sê dat hierdie ooreenkoms dalk nie alle kwelpunte en baie belangrike bekommernisse aanspreek nie, maar ons kan dit nie van die hand wys sonder om iets meer beduidend in plek te hê nie.” – Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie