Madiba, Oprah en Naamloos
Intussen kry Madiba, Wikus se stiefbroerkat, nog twee sussies by. Ook onverwags en ietwat ongenooid.
Wikus verstaan nie hoekom dit met hom gebeur nie, dié dat ander katte ewe skielik by hom iets soek. Weet hulle iets wat hy nog nie weet nie?
Hy wonder of die Universe vir hom iets probeer sê, 'n soort boodskap. Glo nogal in die idee van 'n Universe, daai groter prentjie met motief en onduidelike verduidelikings.
Die vars bondel lyk of hulle meisiekatte kan wees.
Wikus neem geen uiterlike gereedskap waar aan hul anotomie nie. Kies die name. Alles in sy lewe het 'n naam. Tot sy skoene.
Oprah. Ja, Oprah is 'n lekker naam. Doop een Oprah, sommer met 'n nat handdoek. So bly meisiekat nommer twee vir agt ure naamloos. Bel Kaap toe, sy sal 'n idee hê.
“Hoe gebeur dit toe?” vra Anita, Wikus se regte ma.
Hy't twee. Anita en Vicky. Anita het hom gebaar en die ander het hom gevorm. Dis nou maar net eers 'n maand sedert hulle weer daai deur oopgemaak het. Die geslote deur tussen Wikus en Anita, 24 jaar.
“Ek weet nie. Madiba het seker 'n soort katsein uitgestuur, en al sy afvlerkvrinne laat weet hier's Woolies-leftovers, ten minste twee keer 'n week,” sê Wikus.
Anita sê: “Wees nou maar net gaaf. Ek weet jy hou nie eintlik baie van diere nie.”
Alles het verander, wil hy sê, hy hou nou bietjie van diere, maar Anita sal dit nie verstaan nie, en sy lus vir daai konfrontasie is nul.
“Ag, shame, ja. Ek sal die goedjies darem nie versmoor nie. Maar hoe gaan dit verder, Ma?”
Hy bang daai vraag. Hy bang haar antwoord meer. Wikus is eintlik nog kwaad vir haar. Nes Madiba, Oprah en Naamloos moes hy ook huis soek. Sy't nie beter geweet nie, sê Meke die universiteitsvriendin gereeld oor 'n WhatsApp-oproep vir hom. Dié woon nou in Hanoi, gee Engels en drink goedkoper vodka.
“Nee wat, hoe het Oumie altyd gesê, dit gelp nie ons kla nie,” sê Wikus.
Hy ken nie vir Oumie nie. Dis al bewys: Voor die ouderdom van een jaar is die brein nie ver genoeg gevorderd om te kan onthou nie. Ouma het vir Anita hospitaal toe geneem.
“Dis waar,” prewel hy, “Ma klink gelukkig.” Dit raak effe stil. Een van hulle moet iets sê.
“Wiekie, is jy oraait?” vra Anita.
Hy wens sy kan die gepakte bokse agter hom in die woonstel sien. Dit sal haar vraag beantwoord. Sy weet nie van sy plan nie, mag nie daarvan weet nie. Dis sy geheime plan.
Madiba staan bakhand onder teen sy regterbeen, sag en warm. Oprah en Naamloos is tussen die bokse besig om hul nuwe huis te verken. Wikus ken die gevoel.
“Ja, Ma. Ek is fine,” sê hy met oortuiging, paspoort brand steeds in sy gatsak.
“Ek bel eintlik oor 'n naam.”
Dit raak weer stil, darem nie so lank soos die vorige stilte nie.
“Hoe bedoel jy nou?”
Dis waar. Tik vreet jou breinselle op. Anita is die walking evidence daarvan. Haar breinkrag is uiteraard nie wonderlik nie, die misbruik het die situasie geensins gehelp nie.
Wikus weet hy moet sy vraag duideliker stel.
“Die twee nuwe meisiekatte. Die een het reeds 'n naam. Die ander een se naam is nog soek.”
Anita haal diep asem en blaas uit. Dis asof Wikus haar warm, rou rookasem deur die foon kan voel. Hy mis dit nie. Telefoniese gesprekke met haar vreet steeds aan sy brein. “Sjoe, Wiekie, daar is baie opsies.” Hy ruik haar stem.
“Is jy seker dis meisiekatte?”
Maak dit regtig saak? Gaan iemand hom beboet as dit twee mannetjies is? Of 'n mannetjie en 'n wyfie?
“Nee, Anita, ek is nie. Maar dit maak nie saak nie.” Hy wil sy woorde terugtrek. Hy het haar net Anita in die hof genoem, móés oor die regter dit wou hê.
“Dit maak seker nie saak nie, jy's reg. What about Vicky, dit sal vir haar baie beteken. Hoe gaan dit nog met haar?”
Hy weet nie of Anita aspris is nie. Met haar weet jy nooit nie.
“Dit gaan goed met haar,” antwoord Wikus, “en dis 'n goeie idee. Dan is dit Madiba, Oprah en Vicky.”
“Roep jy?” vra Vicky van die derde laaste trap van bo in Wikus se huis. In haar hande is beddegoed en twee paslakens.
Nee, ek is op die selfoon, sê Wikus in haar rigting, terwyl hy die gehoorstuk met sy hand toedruk.
“Waarheen is jy op pad?” vra Anita.
“Ek besluit nog,” sê hy.
“Met wie praat jy?” vra Vicky asof sy nie weet nie.
“Anita, Ma!” sê Wikus.
“Met wie praat jy?” vra Anita.
“Vicky, Ma.”
Dit moet die Universe wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie