Majoor aangekeer vir moord op militêre bevelvoerder
Lesotho
Lesotho het ‘n senior weermagoffisier in hegtenis geneem vir die moord op die land se militêre bevelvoerder, het die ministerie van verdediging aangekondig.
Die bevelvoerder is Dinsdag by die weermagbarakke doodgeskiet. Dit is nie duidelik wat die motivering was nie.
Die majoor, wie se naam nie bekend gemaak is nie, is in aanhouding en help die polisie met die ondersoek, het die hoofsekretaris van die ministerie van verdediging, kolonel Tanki Mothae, gesê.
Die koninkryk het verskeie staatsgrepe en sporadiese politieke geweldpleging beleef sedert dit in 1966 onafhanklik van Brittanje geword het. – Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie