Makara hou die vure aan die brand
Makara hou die vure aan die brand

Makara hou die vure aan die brand

Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee - Enige besigheid wat wil groei, moet deurgaans aanpasbaar wees en vernuwe, al is dit in ‘n eeue oue bedryf soos houtskoolvervaardiging.

Volhoubare gebruik, bewaring, ontwikkeling van die plaaslike gemeenskap en om by te dra tot die land se ekonomie, is van Makar Bush Products op Otjiwarongo se talle doelwitte. Die maatskappy is een vele in die land wat grond herwin deur indringerbos uit te wis, en dit meer produktief vir boere te maak.

“Die houtskoolbedryf het vir lank nie ‘n goeie reputasie gehad nie, maar ons sien toenemend hoe mense die voordele daarvan erken in terme van die bydrae tot die land se ekonomie en ook die herwinning van grond vir produktiewe doeleindes,” sê Michael von Hacht, die bedryfshoof van Makara Bush Products.

“As ’n lid van die Namibië Steenkoolvereniging (NCA) is die volhoubaarheid van ons natuurlike hulpbronne die kern van ons werksaamhede. Ons oes indringerbos en omskep dit wat andersins net druk op ons grond en waterbronne sou geplaas het, in ’n produk wat skoon krag, werksgeleenthede en belasting verskaf. Ons glo dus sterk daarin dat die houtskoolbedryf op ‘n positiewe manier bydra tot ons land,” sê hy.

Met toenemende aanvraag vanuit die buiteland en ’n groeiende reeks produkte, soos die nuwe 4 kg-pakke vir die Europese mark, is dit duidelik dat Makara Bush Products daartoe verbind is om sy besigheidsmetodes en die land te bevorder asook die lewe van sy 64 werknemers, van wie 95% vroue is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!