Makkers groet hierdie Sondag vir 'Kiem'
Makkers groet hierdie Sondag vir 'Kiem'

Makkers groet hierdie Sondag vir 'Kiem'

Dani Booysen
Gert Jacobie



Dennis (Kiem) du Toit (gebore circa 1955 in die Windhoek-distrik en oorlede op 10 Oktober 2018) was ­Windhoek en Windhoek was Kiem.

Onbelangrik, maar uniek Kiem van Windhoek.

Gewoonlik werkloos uit eie keuse, met 'n ryke ervaring van 'n duisend beroepe wat hy geken het, maar volstrek gewyer het om te beoefen. Dit het hom egter nie weerhou om ure na die werk te sit en kyk en heelwat opinies daaroor te hê nie.

Sonder kind of kraai en ná sy drie broers en ouers hom lank reeds vooruit gegaan het, het Kiem nie veel in die lewe versamel nie.

Dit het hom ook min geskeel. Die bydrae van sy vriende uit die dae van die Laerskool Orban en daarna die weermag was vir hom genoeg om oor die weg mee te kom.

Sy lewe het eerder bestaan daaruit om op die hoogte van sake te bly deur die radionuus te volg en die Republikein slaafs te lees. Bedags het hy die strate van Windhoek bewandel om met vriende uit ses dekades te gesels oor vriende.

Oor hul welslae en mislukking, ­misstappe en raakstappe.

Die wunderlust en behoefte aan ­lebensraum het hom soms gepak en dan het hy 'n motorfietsgroep opgesoek, vir aalmoese en 'n bed in 'n hostel by 'n myn of op 'n vissersboot gaan werk.

Dalk was dit eerder 'n konneksie van vriend se vriend en meelewing wat hom uit die geborgenheid van Kiem se Windhoek gerokkel het om ná n paar maande weer op te daag.

Sy ouers was boeremense in die Khomas Hochland wat uitgeboer het ná sy oudste broer se tragiese dood in die vroeë sestigs.

Kiem, sy ma en een broer, kon maar net nie traksie vind in die gemaal van die konvensionele nie. Hulle het net geleef. Een broer, Eddie, het die ­konvensie van Afrikanerskap deurleef, die vrugte daarvan gepluk en as 'n sterk boer en sakeman op Kombat sy merk gaan maak.

Maar Kiem. . . Kiem het aangehou lewe tot die tering hom in 'n Windhoekse staatshospitaal finaal oorwin het.

In lewe was hy 'n Christen en 'n mens-mens met hope vriende.

Daarom het ou weermagkamerade van die MOTH-organisasie besluit om vir Kiem 'n waardige roudiens in die Nuwe Kapel van die Pionierspark ­begraafplaas te hou.

Kapelaan André Anthonisson sal ­Sondagoggend 21 Oktober om 10:00 die diens lei.

Dankie aan die MOTH's vir die gebaar van erkenning aan 'n makker van ouds en kennis van baie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!