Mammoet-skelet soek nuwe baas
Mammoet-skelet soek nuwe baas

Mammoet-skelet soek nuwe baas

Die grootste mammoet-skelet in private hande ter wêreld gaan in Desember deur die Franse afslaer Aguttes in die Brotteaux-treinstasie in Lyon opgeveil word.
'n Skaars skelet van Mammuthus primigenius wat van die laat Pleistoseentydperk in Siberië in Rusland dateer, 3,4 m hoog en 5,3 m lank en in ’n lopende posisie gemonteer is om eersdaags in Frankryk onder die hamer.

Aguttes het vantevore sukses in dié veld behaal toe hy in Desember 2016 ’n dinosourus-skelet vir €1 128 000 opgeveil het. Dié skelet gaan na verwagting vir tussen £400 000 en £440 000 verkoop, ’n prys wat deur die grootte van die prehistoriese olifant geregverdig word, meen Aguttes. Verkope van dié soort spesie is uiters skaars.

In 2006 is die eerste volledige skelet van ’n mammoet vir €150 000 op ’n veiling deur die Cave des Vignerons de Montfrin in die Gard-streek gekoop. Dit word met trots in die wynkelder uitgestal.

Die veiling word op 16 Desember gehou. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!