Man het 15 aanvalle by sokker beplan
Man het 15 aanvalle by sokker beplan

Man het 15 aanvalle by sokker beplan

Estelle de Bruyn
’n Fransman het massa-aanvalle by die Euro 2016-sokkertoernooi in Frankryk beplan voordat hy verlede maand met’n groot klomp wapens in hegtenis geneem is.
Gregoire Moutaux (25) is op die Oekraïense grens met Pole vasgetrek.
Vasil Hritsak, die Oekraïne se intelligensiehoof, het gesê ­Moutaux het 15 aanvalle beplan.
Euro 2016 begin Vrydag.
Moutaux het vuurwapens, plofstofaanstekers en 125 kg TNT-plofstof by hom gehad toe hy in hegtenis geneem is, het Hritsak gesê.
Hy het ook vuurpyllanseerders en handgranate in sy motor gehad. Moutaux het onder meer’n brug,’n moskee en’n sinagoge in sy visier gehad, het Hritsak gesê.
Moutaux is op klagte van wapensmokkelary en terreur in hegtenis geneem.
Die Oekraïense veiligheidsdienste het in’n verklaring gesê hulle het Moutaux sedert Desember dopgehou. Hulle het hom toegelaat om onder meer vyf masjiengewere te koop voordat hy in hegtenis geneem is.
Hy het na die Oekraïne gereis omdat dit makliker is om daar onwettige wapens en ammunisie in die hande te kry. Inligting oor sy inhegtenisneming op 21 Mei het aan die lig gekom in’n berig deur die Franse TV-netwerk M6.
Moutaux is beskryf as’n werker op’n plaas in die Lorraine-gebied in die ooste van Frankryk. Hy het geen misdaadgeskiedenis nie.
Die aanvalle is gebore uit’n ultra­nasionalistiese gesindheid.
“Hy is krities oor die Franse regering se optrede, massa-immigrasie en die verspreiding van Islam,” het Hritsak gesê. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!