Man kry 32 jaar vir moord op stiefdogter
Man kry 32 jaar vir moord op stiefdogter

Man kry 32 jaar vir moord op stiefdogter

Die plaaswerker wat sy stiefdogter verkrag en vermoor het, is gister in die Windhoek-hoërhof ­gevonnis.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Waarnemende regter Boas Usiku het gister 'n vonnis van 32 jaar tronkstraf aan die 49-jarige David Kido opgelê vir die verkragting van en moord op sy 18-jarige stiefdogter, Izelda Kock.

Kido het gedurende die verhoor beweer hy het Kock per ongeluk doodgemaak deur haar teen die kant van haar kop met 'n knopkierie te slaan. Hy het toe probeer om die voorval te verdoesel deur die liggaam en die klere wat aan haar behoort het, te verbrand en haar as vermis by die polisie aan te meld.

Usiku het bevind Kido het nie geloofwaardige getuienis gedurende sy verhoor gelewer nie. Volgens Usiko was sy getuienis vol teenstrydighede en kon nie redelik en moontlik waar wees nie. Die regter het verder bevind die staat het sy saak teen Kido bo enige redelike twyfel op al die klagte teen hom bewys.

Usiku het 'n vonnis van 30 jaar vir die klag van moord opgelê waarvan drie jaar vir 'n tydperk van vyf jaar opgeskort is. 'n Verdere vonnis van 12 jaar is vir die klag van verkragting opgelê, vyf jaar vir dwarsboming van die gereg en twee jaar vir twee klagte van aanranding.

Sewe jaar van die vonnis vir verkragting sal saam met die vonnis vir moord uitgedien word en die vonnis vir dwarsboming van die gereg en aanranding sal saam met die vonnis vir moord uitgedien word. Kido sal dus effektiewelik 32 jaar agter tralies moet deurbring.

Kock is op 19 September 2013 vermoor op die plaas Jakkalsfontein, wat tussen Mariental en Gibeon geleë is. Polisiebeamptes het haar gedeeltelik naakte liggaam vyf dae later gevind nadat Kido die plek uitgewys het waar hy haar begrawe het.

Volgens die klagstaat was Kido 'n aanneemvader vir Kock en haar suster omdat hy in 'n romantiese verhouding met die meisies se moeder was.

Die oorledene en haar suster het hul skooleksamens gedruip en het die vakansie in Augustus 2013 op die plaas deurgebring waar Kido in diens was. Hy het daarop aangedring dat die susters skool verlaat, maar hulle was vasbeslote om hul skoolloopbaan voort te sit.

Kido het die oorledene beveel om die plaas te verlaat en terwyl sy op pad was, het hy haar gevolg en met 'n houtspar geslaan. Hy het ook haar suster daarmee geslaan. Gedurende September 2013 het die oorledene alleen by haar stiefpa op die plaas gebly.

Die staat het aangevoer Kido het die oorledene gedurende die tydperk 18 tot 23 September verkrag.

Hy het haar met sy hande gewurg en met 'n onbekende voorwerp oor die kop geslaan waarna hy haar begrawe en haar besittings verbrand het.

Kido is deur mnr. Titus Mbaeva verteenwoordig en staatsadvokaat Cliff Lutibezi het namens die staat opgetree.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!