Man se lyk in sel gevind
Man se lyk in sel gevind

Man se lyk in sel gevind

Kristien Kruger
Die lyk van ‘n 40-jarige man is Sondag omstreeks 05:40 by die Kamajab-polisiekantoor in ‘n aanhoudingsel gevind.


Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die man homself met stukke materiaal van sy broek opgehang. As gevolg van die Covid-19-regulasies was hy alleen in ‘n sel geplaas.

Die oorledene is Vrydag in hegtenis geneem omdat hy glo ‘n vuurwapen op iemand gerig het. Volgens die verslag het hy Saterdag omstreeks 10:00 selfmoord gepleeg.

Nog ‘n tragiese geval het die naweek plaasgevind, maar dié was vermoedelik ‘n ongeluk. Mnr. Wilbard Mwadhina (32) het Saterdag by die Mabeste-kroeg in Oshikuyu in die Omusatistreek vermoedelik leë bottels weggepak wat op die vloer gestaan het.

“Hy het glo op ‘n gebreekte bottel geval wat hom in sy maag gesteek het,” lui die verslag.

Hy is na die staatshospitaal in Oshakati geneem, maar met sy aankoms dood verklaar.

BABALYK BY DAM GEVIND

Die ontbinde lyk van ‘n babameisie is Sondag omstreeks 13:00 langs ‘n dam by Ondjumba, Olukonda gevind.

Volgens die polisie is haar liggaampie vermoedelik daar gestort en deur twee minderjariges gevind toe hulle daar naby gespeel het.
“Hulle het ‘n ouer persoon daarvan ingelig, wat die polisie gebel het. Die baba is nog nie geïdentifiseer nie,” lui die verslag.

Die polisieondersoek duur voort.

Twee ander mans het die naweek weens meswonde beswyk.

Mnr. Hivea Hevita (28) is glo Sondag deur ‘n familielid met ‘n mes in die nek gesteek en het op die toneel gesterf.

Die voorval het omstreeks 23:10 in die Otjimbingwe-omgewing plaasgevind.

Sy naasbestaandes is reeds van sy dood ingelig en ‘n 27-jarige man is in hegtenis geneem.

In die Goreangab-nedersetting in die hoofstad is die 16-jarige Marcelo Gaingob ook met ‘n mes in die nek gesteek tydens ‘n bakleiery waarby drank glo betrokke was.

Gaingob het op die toneel gesterf in dié voorval wat Saterdag tussen 13:00 en 14:00 plaasgevind het.

Die polisie het reeds ‘n verdagte geïdentifiseer, maar hy is nog nie in hegtenis geneem nie.

Iemand wat wel in hegtenis geneem is, is ?n 20-jarige verdagte wat Saterdag om 20:30 uit die staatshospitaal op Swakopmund ontsnap het.

Volgens die verslag was mnr. Linus Shawapala (20) onder die toesig van ‘n polisieman, maar toe die polisieman badkamer toe is het die verdagte deur die venster geklim.

Hy is op dieselfde dag weer gevind en in hegtenis geneem. Shawapala is aanvanklik op 16 Junie in verband met die diefstal van koperdrade in hegtenis geneem. Hy het glo brandmerke op sy hande, vermoedelik weens elektriese skok, gehad.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!