Man skiet 5 dood nu00e1 afdanking
Man skiet 5 dood nu00e1 afdanking

Man skiet 5 dood ná afdanking

’n Man het Vrydag op kollegas losgebrand en vyf doodgeskiet kort nadat hy by sy werk in Illinois, Amerika, afgedank is.

Die skieter is dood en vyf polisiemanne is in die voorval beseer toe hulle hom probeer aankeer het, het kapt. Kristen Ziman, Aurora-polisiewoordvoerder, aan die BBC gesê.

Gary Martin (45), die aanvaller, het 15 jaar lank vir die Henry Pratt Company se fabriek in Aurora gewerk.

Volgens Ziman is dit nog nie duidelik of Martin, wat ’n Smith & Wesson-pistool by hom gehad het, die wapen met sy afdanking by hom gehad het en of hy dit gaan haal het voordat hy begin skiet het nie.

’n Ooggetuie, wat ook ’n kollega van Martin was, het aan CNN gesê hy het gesien hoe die skieter met die pistool deur die gebou hardloop. Die wapen was toegerus met ’n laser-toestel.

Dit is ook onbekend tot hoe ’n mate die skietery voorbedag was.

Die rede vir sy afdanking is nie bekend aan die polisie nie.

Ziman sê die polisie probeer steeds vasstel of die skieter vorige oortredings het, maar openbare rekords wys Martin is in 1995 in Mississippi vir aanranding in hegtenis geneem.

Amerikaners wat vir misdaad gevonnis is, mag gewoonlik nie vuurwapens besit nie.

Dié bloedbad is die jongste voorval van wapengeweld in die land waar massaskietery amper alledaags geword het, berig Reuters.

Dit kom een dag ná die een-jaar-herdenking van die slagting in Florida toe 17 mense by die Marjory Stoneman Douglas High School in Parkland deur ’n skieter afgemaai is. - Reuters/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!