Man skuldig aan Neudamm-moord
Man skuldig aan Neudamm-moord

Man skuldig aan Neudamm-moord

Die man wat tereggestaan het op die mesmoord van sy meisie agt jaar gelede, is gister skuldig bevind.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw



Die 38-jarige Eben Cloete is gister deur regter Dinnah Usiku in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind aan die moord op sy meisie en ma van sy kind, die 27-jarige me. Anna Nadia Coetzee, op 13 Augustus 2009.

Die paartjie se kind, 'n baba wat tydens die voorval 11 maande oud was, is langs Coetzee se lyk in 'n plas bloed aangetref en was besig om in die bloed te speel.

Regter Usiku het Cloete skuldig bevind aan moord en inbraak met die doel om dood te maak.

Cloete, wat onskuldig gepleit het aan die begin van sy verhoor, het die alibi gebruik dat hy nie by die oorledene se huis op die noodlottige dag van die moord was nie, maar op pad was om op 'n verafgeleë plaas werk te soek.

Die regter het egter bevind sy verweer van 'n alibi kon nie waar wees nie, aangesien twee getuies, me. Martha Afrikaner en me. Sofia Losper, hom in die omgewing van die oorledene se huis gesien het 'n paar uur voor die lyk ontdek is.



'redelike afleiding'

“Om die waarheid te sê, het hy aan hulle gesê wat hy by die oorledene se huis gedoen het,” het die regter in haar uitspraak gesê.

Die regter het verder genoem die enigste redelike afleiding wat ná die aanhoor van al die getuies gemaak kan word, is dat dit Cloete was wat die moord gepleeg het.

Hy het haar vermoor deur haar agt keer met 'n mes in haar ouers se huis op die Neudamm-proefplaas buite Windhoek te steek.

Coetzee het na haar kamer in haar ouers se huis gegaan en haarself toegesluit toe sy sien dat Cloete by die huis opdaag, maar hy het die deur oopgebreek en haar aangeval.

Mnr. Milton Engelbrecht het namens Cloete opgetree en die staat is deur mnr. Palmer Khumalo verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!