Man sterf in private hospitaal aan Covid-19
'n Vierde persoon is op Walvisbaai aan Covid-19-verwante oorsake dood.
Henriette Lamprecht – 'n Man (55) van Walvisbaai is in 'n private hospitaal op die dorp aan Covid-19 dood.
Dit bring Namibië se aantal Covid-19-verwante sterftes op vier te staan, met al vier oorledenes wat mans en inwoners van die hawedorp was.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, het geen verdere besonderhede oor die pasiënt bekend gemaak nie. Shangula het gistermiddag 97 nuwe Covid-19-gevalle aangekondig wat die nasionale totaal op 1 344 te staan bring. Hiervan is 1 298 aktief. Volgens hom is 13 bevestigde gevalle “uiters siek” en word of in 'n hoësorg- of in die intensiewesorgeenheid behandel waar hulle suurstof ontvang.
Uit die 97 nuwe gevalle is 90 van Walvisbaai, drie van Swakopmund, twee van Engela, een van Outapi en een van Katima Mulilo. Onder die gevalle op Walvisbaai is drie gesondheidswerkers.
Die gevalle op Engela is onderskeidelik 9 en 42 jaar oud; albei kontakte van die bevestigde geval in dieselfde omgewing.
Hulle is sedert die oorspronklike geval se diagnose in selfkwarantyn en toon geen simptome nie. Die geval op Outapi is 'n 29-jarige man wat van Walvisbaai gereis het en met sy aankoms in kwarantyn geplaas is.
Uit die 97 gevalle is 81 mans en 16 vroue. Die jongste geval is drie jaar oud en die oudste 66. Volgens Shangula het nog sewe mense herstel, gevalle 89, 103, 143, 166, 169, 179 en 244.
Tot op hede is 17 994 weefselmonsters getoets en 651 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor die land.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie