Man verkluim by Lüderitz
Tanja Bause - Die liggaam van mnr. Johannes Bekeur (55) is langs sy sinkhuis in die Sand Hotel-informele nedersetting by Lüderitz gevind.
Volgens die Namibiese polisie se jongste misdaadverslag word vermoed Bekeur het weens koue gesterf.
In Outapi is 'n vrou (35) deur 'n voertuig omgery. Sy het in die hospitaal gesterf. Die bestuurder van die voertuig het van die toneel gevlug.
Mnr. Michael Hailonga (24) is deur 'n Zimbabwiese bestuurder (31) van sy fiets af gestamp. Die ongeluk het op die hoofpad tussen Okalongo en Engela plaasgevind. Hailonga het in die staatshospitaal op Engela gesterf.
Mnr. Shikenge Nathanael is op slag dood toe hy in 'n trompop botsing op die hoofpad tussen Onhuno en Ondangwa betrokke was.
Volgens die polisie het hy probeer om 'n ander voertuig verby te steek toe hy teen 'n vragmotor gebots het.
Twee van die vragmotor se insittendes is met beserings in die Oshakati-staatshospitaal opgeneem.
Op Mariental het 'n 33-jarige man op die toneel gesterf toe hy deur 'n 55-jarige Suid-Afrikaanse bestuurder raakgery is. Die voetganger het glo voor die aankomende voertuig ingehardloop.
Op Opuwo is 'n man in hegtenis geneem, terwyl nog 'n verdagte ontsnap het. Volgens die polisie het die verdagtes 11 bokke ter waarde van N$14 300 uit 'n kraal gesteel.
Die verdagtes het die bokke glo op 'n bakkie gelaai om hulle na Oshikango in die Ohangwenastreek te vervoer. Die bokke en die bakkie is nog nie deur die polisie opgespoor nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie