Mans in wit dubbelkajuitbakkies (met apologie aan Koos Kombuis)
Meer as twee dekades gelede skryf Koos Kombuis 'n song oor sy grief in ou tannies met hul “Polaroid-kiekies van oorlede mans en stoutgat bedorwe kleinkinders op ander kontinente”.
Sê Koos "ek haat somming ou tannies dus is hierdie die sommige ou tannie blues”.
Self het ek geen probleem met ou tannies nie, inteendeel, as moederlose weeskind trek hulle my aan eerder as om my af te stoot.
Maar om my misnoeë, irritasie en plein keelvolgeit te illustreer, het ek Koos se tannie-blues gewysig om my blougeit met die bestuurders van wit bakkies te besweer.
Die laaste vals noot in die bakkie-blues vul die hoofstad se lug op 'n Woensdagmiddag, skuins voor 14:00 op 'n besige middagroete met dié wat enkele minute oor het om betyds terug by die werk te wees.
Soos soveel kere tevore is dié bestuurder in haar rooi motor soos volgens die bepalings van die wet vir paaie binne die spoedgrens en binne haar baan.
Uit die hoek van haar oog sien sy 'n wit dubbelkajuitbakkie wat in haar rigting mik. In die rooi motor is daar egter geen vrees of kommer oor die aankomende dubbelkajuit nie, daar is immers nog 'n hele baan wat net vir (wit) bakkie wag.
Dié gerusstelling verander egter binne sekondes in paniek toe wit dubbelkajuitbakkie-bestuurder besluit by rooi motor se baan moet hy nou in en aanhou in totdat daar van my kleine rooi motor net die agterste sitplek oorbly.
Uit respek vir die feit dat dié 'n gesinskoerant is en daar nie genoeg simbole op die sleutelbord is om kragwoorde te versag nie, volstaan ek by “oeps”. Jakarandapers bene vir weke, brandkolle waar die lugsakke op my arms gestop het, angsaanvalle elke keer wat 'n wit dubbelkajuitbakkie sy verskyning maak en die noodgedwonge gebruik van 'n baie ou(er) model vol camo stickers, 'n baie dorstige tenk, elektriese vensters wat hul elektrisiteit verloor het en 'n toeter wat net stilte blêr.
Ek haat sommige wit dubbelkajuitbakkie-bestuurders.
Glo jy in goed soos karma, was dit seker bestem dat dit juis een van húlle moes wees wat my mooi rooi motor se neus moes wegry. Van meet af aan was dit 'n stormagtige verhouding. Want is daar een wat wil indruk tussen alles en iemand, is dit húlle. Is daar een wat jou parkeerplek vat, is dit húlle. Is daar een wat verby 'n lang ry geduldige motoriste jaag om 'n kilometer verder by dieselfde robot eerste te stop, jip, dis húlle. En hulle is manlik en hulle het dikwels ook kinders saam met hulle.
Maklik om by Google te gaan vra wie is die beste bestuurders, mans of vroue. Sê een vroue bestuur minder aggressief en is meestal skuldig aan hul aandag wat maklik afgelei word, wat tot ongelukke lei. Mans, daarenteen, het 'n “opgeblase sin van hul bestuursvernuf” en hul ongelukke is meestal gebaseer op “doelbewuste of risikogedrag” soos spoed. Ook sê Google die “onbekwame vroulike bestuurder is 'n stereotipe wat terugdateer na 'n tyd toe vroue nie toegelaat is om te stem nie”.
“Stuur hulle op TFC-toere na Bosnia
saam met Murray Janson
hervestig hulle in die Gazastrook
dwing hulle om rugby-league te speel bedwelm hulle met hoofpynpille,” sê Koos. Amen sê ek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie