Mans moet meer doen om vigs te bekamp
font face="Verdana" >
Maria Eiseb - Namibiese mans is nie betrokke genoeg by die stryd teen MIV/vigs nie.
Dít was dr. Tharcisse Barihuta, direkteur van die Verenigde Nasies (VN) se Gesamentlike MIV/vigs-program (Unaids), se boodskap tydens die viering van Wêreldvigsdag by die Sam Nujoma-stadion in die hoofstad.
Barihuta het gesê statistieke toon dit is meestal mans wat weens dié siekte sterf.
Volgens hom is mans minder geneig om hulself vir MIV te laat toets en hulle weier dikwels antiretrovirale (ARV)-behandeling. In vergelyking met vroue is hulle ook meer geneig om aan vigsverwante siektes te sterf.
Barihuta het verskeie maniere om mans te betrek, bespreek en het gesê dit sal help om Unaids se wêreldwye teiken van 90-90-90 te bereik.
Dié teiken behels dat 90% van alle mense wat met die MI-virus leef teen 2020 bewus sal wees van hul status, dat 90% van almal wat MIV-positief is, teen 2020 antiretrovirale behandeling sal ontvang, en dat by 90% van almal wat dié behandeling ontvang, die virus effektief onderdruk sal wees teen 2020.
"Dit sal help as mans meer betrokke raak by die bevordering van toegang tot gesondheidsorg, insluitende toegang tot antiretrovirale behandeling," het Barihuta gesê.
Hy het bygevoeg groter betrokkenheid sal boonop die gesondheid van mans se lewensmaats bevorder.
"Mans moet ook as agente optree om die boodskap te versprei. Só sal geslagsgeweld ook verminder," het hy gesê.
Mnr. Muesee Kazapua, Windhoek se burgemeester, het by die geleentheid beaam mans is nie betrokke genoeg in die stryd teen MIV/vigs nie.
“Waar is die mans?" het hy gevra en gesê ’n tekort aan hulpbronne is nie ’n verskoning vir mans om nie betrokke te wees nie. Hy het bygevoeg die stad sal sy bes doen om mans by veldtogte te betrek.
“Mans was altyd leiers, maar staan deesdae agter in die ry,” het hy gesê.
Kazapua het egter bygevoeg alle Windhoekers moet in die stryd teen die siekte betrokke wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie