Manuel sleep EFF hof toe oor Jan Taks
Die EFF het kort voor Kieswetter se aanstelling verskeie bewerings teen hom en die voormalige minister van finansies gemaak.
Carin Smith – Trevor Manuel, voormalige minister van finansies, sleep die EFF hof toe oor beweringe wat hy voor die aanstelling van die nuwe kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gemaak het.
Ed Kieswetter is op 27 Maart deur Tito Mboweni, minister van finansies, in dié pos aangestel.
Manuel het aan die hoof gestaan van die komitee wat oor die aanstelling moes besluit.
Fin24 het verneem dat Manuel reeds dokumente by die hof ingedien het oor wat hy voorheen as “lasterlike” stellings teen hom beskryf het oor Kieswetter se aanstelling.
Die EFF het kort voor Kieswetter se aanstelling aangekondig is, ’n verklaring uitgereik waarin verskeie bewerings teen Kieswetter en Manuel gemaak is.
Een hiervan was dat hulle ’n “hegte sakeverhouding” het.
Die EFF het tóé gesê hy het in Februarie ’n brief en parlementêre vrae aan pres. Cyril Ramaphosa en Mboweni gestuur waarin hy spesifiek vra hoekom die proses om ’n nuwe kommissaris vir die SAID te kies “geheimsinnig” moes wees.
Die Black Management Forum (BMF) het ook voorheen sy kommer uitgespreek oor wat hy as ’n “gejaagde en beskermde” proses beskryf het om die nuwe kommissaris aan te stel.
Toe dit bekend gemaak is Kieswetter is in die pos aangestel, het Manuel in ’n kort verklaring gesê hy gaan hom nie deur “speelgrondboelies” laat misbruik nie en dat verklarings deur Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, was “vals”, “rassisties” en “lasterlik”
Hy het gesê die EFF moet bewyse wat sy bewerings staaf indien. Hy het gevra Ndlozi moet sy stellings terugtrek.
Hy het tóé gewaarsku as hy dit nié doen nié sal dit regstappe lei.
Ndlozi het nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.
– Fin24/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie