Marama kan met wanvoeding help
Die maramaboon is waarskynlik die voedingrykste wilde plant in Namibië, met sy proteïeninhoud ’n kortkop agter dié van die sojaboon.
Elvira Hattingh - Die maramaboon, ’n wilde, inheemse peulgewas wat veral in die noorde en noordooste van Namibië voorkom, kan dalk ingespan word om wanvoeding onder kinders te bestry.
Plaaslike wetenskaplikes se navorsing dui daarop die maramaboon (Tylosema esculentum) se proteïeninhoud is slegs ’n kortkop agter dié van die sojaboon, terwyl dit ook besonder ryk is aan fosfor, magnesium, kalsium, sink en yster.
Me. Paidamoyo Mataranyika, ’n navorser verbonde aan die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust), het die afgelope Vrydag gesê dié wilde plant is by verre die voedingrykste in Namibië en heeltemal onderbenut.
Sy het ’n praatjie by die eerste Namibië Biomassa-simposium aangebied, wat deur Nust se Biomass Utilisation by Sustainable Harvest-projek (Bush) en die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (Giz) aangebied is.
Die doel is om ’n forum vir wetenskaplikes te skep wat navorsing vir Namibië se ontluikende biomassasektor moet doen.
“Die maramaboon is ’n wilde peulgewas wat inheems aan Suider-Afrika is en in arm, sanderige grond groei. Die plant het ’n leeftyd van sowat 20 jaar waarin dit vrugte dra. Ses maande ná dit geplant is, lewer dit reeds vrugte,” het sy gesê.
Mataranyika meen die plant kan dalk kommersieël in Namibië, maar ook in die res van Afrika en die wêreld geplant word. Sy sê tot dusver is aanplantings slegs vir navorsingdoeleindes gedoen, maar die plant word ook intensief in Botswana en Suid-Afrika bestudeer.
“Ons probeer nog om die regering te oortuig dat hierdie gewas kommersieël gekweek kan word,” het sy gesê.
“Dié projek vorm deel van ’n groter een wat reeds 10 jaar aan die gang is waarin wetenskaplikes poog om die plant te verstaan.
“Terselfdertyd het wetenskaplikes in Botswana reeds daarin geslaag om produkte van die maramaboon te maak, wat meel, melk, olie en koekies insluit,” het Mataranyika gesê.
WEIDING EN BOSVERWYDERING
Die ekoloog dr. Cornelis van der Waal het gesê navorsing in die noordooste van die land het bevind verbossing verminder biodiversiteit, terwyl die oes van bosse dit bevorder.
Hy het na ’n soortgelyke studie in Suid-Afrika verwys wat bevind het 93% van meerjarige grasse het ná die 1960’s se groot droogte gevrek.
Daarteenoor het net 68% meerjarige grasse gevrek in gebiede waar bosse verwyder is.
Van der Waal het ook gewys die oes van bosse sonder behoorlike nasorg kan die verbossingsprobleem vererger.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie