Marientallers soek ook grond
Augetto Graig
Minstens 100 Mariental-inwoners het gisteroggend van die munisipale kantore by Aimablaagte tot by die streeksgoewerneur se kantoor gemarsjeer om hul versoekskrif oor spoediger grondverskaffing in die Hardapstreek te oorhandig.
Volgens ’n leier van die groep, mnr. Basie Kooper, is hulle “glad nie betrokke by die Regstellende Herposisionering-beweging (AR) nie” en “soek ons ook nie die militante jeuggroep se styl betogings nie”.
“Die polisie is hier saam met ons. Ons het die kommissaris ingelig en ons verwag van die polisie om ons vreedsaam te vergesel, want ons is die inwoners van Mariental,” het hy net voor die opmars gesê.
“In ons petisie veroordeel ons die AR wat mense opsteek om grond te gryp. Ons het hulle nie hier nodig nie.
“Ons sal die petisie oorhandig, maar daarin stel ons nie sperdatums nie. Ons wil net hê iemand moet vir ons sê hoe lank ons nog moet wag. Dié jaar het die munisipaliteit nog geen plan nie en die begroting was klaar saamgestel. Is daar geld beskikbaar? Ons soek grond en behuising, maar ons kry geen terugvoering nie. Ons is hier heel in die donkerte,” het Kooper gesê.
Aangesien die goewerneur nie beskikbaar was nie, het die voorsitter van die Hardapstreeksraad, mnr. Edward Wambo, dit ontvang in die teenwoordigheid van die burgemeester, mnr. Willem Josef Mensah.
Wambo het die demonstrasie as “’n goeie ding” beskryf omdat dit vreedsaam en ordelik geskied het.
“Hulle het hul wense bekend gemaak. Hulle wil grond hê, maar op ’n ordelike wyse,” het hy gesê. “Ek moet ook sê die regering is besig om te doen wat dit moet doen, al is die proses van grondverskaffing ’n bietjie stadig.
“Migrasie van die platteland dorp toe gebeur daagliks, informele nedersettings brei uit en daar is geen dienste nie. Die druk veroorsaak veranderinge aan oorspronklike planne om dienste na ons gemeenskappe te bring - soms eers vir die aanleg van water of dalk later elektrisiteit of sanitasie. Die tekort kan onnodige wrywing veroorsaak, dus waardeer ons dit dat hulle verdraagsaam en geduldig is.
“Ons erken daar is probleme. Daar is ook klaar planne en ons het die bystand en die politieke wil van die politikus sowel as die tegnokraat. Ons eie inligting wys ook dat die ondersteuning vir vandag se demonstrasie nog groter is as net dié wat dit bygewoon het,” het Wambo gesê.
Een van die organiseerders van die groep is mnr. Boetha Basson.
Hy dring aan dat die hele gemeenskap saamstaan in ’n poging om te verhoed dat die geweld wat onlangs op Rehoboth gebeur het nie na die Suide oorspoel nie.
Basson skat so veel as 400 inwoners sal hul name opgee as grond eers beskikbaar is.
“Ons wil hê die regering moet die diens van grond versnel. Ons soek nie dit wat in Rehoboth gebeur het nie, dus is ons proaktief en ons doen ’n beroep op plaaslike owerhede om grond beskikbaar te maak. Hulle moet aandag skenk en vinniger werk. Ons fokus is om grondgrype te vermy omdat mense wat gefrustreerd is soms die wet in eie hande neem. Dit is onwettig om grond te gryp. Grondkwessies is iets wat versigtig hanteer moet word, maar vir hoe lank?”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie