Massmart se Guy Hayward gaan bedank
Nellie Brand-Jonker – Die kleinhandelaar Massmart wat Game en Makro besit, het aangekondig Guy Hayward het die direksie ingelig dat hy gaan bedank.
Hy wil voor einde 2019 sy pos verlaat.
Hayward is amper 20 jaar by Massmart en is die afgelope vyf jaar die uitvoerende hoof.
Wanneer presies hy gaan bedank, moet nog bevestig word omdat die groep ’n soomlose oorgang wil bewerkstellig.
Die proses om sy opvolger aan te wys is onderweg en die direksie verwag om binnekort ’n aankondiging te maak.
Luidens ’n verklaring het Hayward die maatskappy deur uiters moeilike marktoestande gelei.
Hy was ook die afgelope vyf jaar aan die stuur van verskeie projekte om die onderneming vir die toekoms reg te kry.
Dit het ingesluit die gedeelde logistieke dienste vir die groep en die inwerkingstelling van webtuistes vir Makro, Game en Builders Warehouse.
Massmart het ’n ervare uitvoerende bestuurspan wat saam met sy opvolger sal fokus op die verbetering in Massmart se hoëvolume- en laekoste-sakemodel, lui die verklaring.
Kuseni Dlamini, voorsitter van Massmart, het die direksie se waardering uitgespreek vir Hayward se bydraes en toewyding aan die groep die afgelope jare.
“Hy was ’n gewaardeerde bydraer tot baie van die maatskappy se mylpale insluitende ons notering op die JSE in 2000, die Walmart-transaksie wat in 2011 gesluit is en verskeie verkrygings om die groep uit te brei en te diversifiseer.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie