Matriekleerling sterf in ongeluk
Henriette Lamprecht - ‘n Matriekleerling aan die Private Skool Welwitschia in Windhoek is Woensdagmiddag in ’n motorongeluk in die hoofstad dood.
Die ongeluk wat die lewe van die 19-jarige Jamie von Francois geëis het, het omstreeks 16:30 by die Kleine Kuppe stortingsterrein op ’n grondpad agter die Windhoek Gimnasium plaasgevind.
Jamie het glo beheer verloor oor die voertuig waarin hy gery het, en dit het die pad verlaat en omgeslaan.
‘n Vriend wat saam met hom in die motor was, het geringe beserings opgedoen.
Me. Dalene Jordaan, die Private Skool Welwitschia se hoof, het die ongeluk bevestig.
Sy het Jamie, wat Maandag met sy matriekeksamen sou begin, as “baie sjarmant” en ‘n aangename kind beskryf.
“Hy het altyd geglimlag en was glad nie ’n moeilike kind nie. Hy was ’n regte charmer en nie ’n rebel nie,” het sy gesê.
Volgens Jordaan het Jamie se klasmaats Woensdagaand die geleentheid gehad om by die hospitaal van hom afskeid te neem.
“Ons het hom gegroet en gesoen. Dit was goed en het baie beteken om daar met mekaar te praat en afskeid te kan neem.”
Jordaan sê die skoolsielkundige ondersteun die leerlinge.
Sy sê Jacques Venter (13), ‘n leerling van Windhoek Gimnasium wat in Augustus in ‘n busongeluk gesterf het, se stiefma, me. Liezel Venter, het met die leerlinge kom gesels.
Sy is volgens Jordaan ook ‘n Welwitschia-ouer en haar boodskap was “soos salf vir ons siel”.
Die skool beplan om later ‘n roudiens vir Jamie by die skool te hou.
Sy pa, Iwan, was gister te getraumatiseer om met Republikein te praat.
Intussen het insp. Kauna Shikwambi, polisiewoordvoerder, die ongeluk bevestig.
Volgens haar het Jamie ’n rooi Jeep bestuur en het hy in ’n draai beheer oor die voertuig verloor.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie