May se regering dalk van minagting aangekla
May se regering dalk van minagting aangekla

May se regering dalk van minagting aangekla

Die regering van Theresa May, die Britse eerste minister, word deur ’n klag van minagting van die parlement in die gesig gestaar omdat hulle nagelaat het om die volle omvang van die wetlike implikasies van Brittanje se wegbreek van die Europese Unie bekend te maak.

Reuters berig dat May se jongste struikelblok op die vooraand van ’n debat in die parlement kom voordat daar uiteindelik op 11 Desember oor die Brexit-ooreenkoms gestem word.

Opposisiepartye en die kleinerige Noord-Ierse party, wat deel uitmaak van May se minderheidsregering, is boos omdat daar slegs ’n vae raamwerk van die wetlike implikasies van die Brexit-ooreenkoms aan hulle verskaf is, nadat die parlement gestem het om die volle omvang daarvan te ontvang.

’n Mosie is Dinsdag op die tafel gesit waaroor daar later gestem sal word wat ministers skuldig kan maak aan die minagting van die parlement en ’n bevel om onmiddellik die volle wetlike raamwerk te publiseer.

Die regering wil die kwessie na ’n komitee van voorregte verwys wat die hele proses aansienlik stadiger sal maak en tot die vertraging van ’n resolusie tot en met 11 Desember kan lei. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!