Mazda herroep nóg motors oor lugsakke
Hanlie Stadler - As jy 'n Mazda ry wat in 2003 of later vervaardig is, moet jy by jou handelaar of dienssentrum uitvind of die motor se lugsakke reggemaak moet word.
Mazda het gisteroggend aangekondig hy brei sy herroepingsveldtog uit.
Na raming word 'n bykomende 19 000 Suid-Afrikaanse motoreienaars geraak.
Verskeie vervaardigers het al duisende motors wêreldwyd herroep weens probleme met die Takata-lugsakke. Dit sluit in Honda, Toyota en Nissan. Daar is 'n fout met die lugsakke wat kan meebring dat dit nie reg ontplooi nie. Die lugsakke kan bars weens 'n fout met die opblaasmeganisme, wat beteken in die geval van 'n ongeluk word mense nie behoorlik beskerm nie.
Mazda hoewel geen abnormale ontplooiing in enige Mazda opgespoor is nie, speel hulle veilig ten einde verbruikers te beskerm.
Die motors wat herroep word, is die volgende modelle: Mazda 2, Mazda 6 en RX-8 wat van 2003 vervaardig is en die VIN-nommers het wat met MM6DE, JM6GG en JMZSE begin.
Mense met dié motors kan dit inneem en die meganisme wat die lugsak laat ontplooi, sal vervang word.
As jy onseker is oor jou motor, kontak Mazda se kliëntedienssentrum by 0860 069 700 of [email protected]. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie