Mededingingskommissie voer 1ste klopjag uit
Mededingingskommissie voer 1ste klopjag uit

Mededingingskommissie voer 1ste klopjag uit

Puma Energy in die visier vir ‘buitensporige pryse’
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - ’n Vroegoggend deursoeking- en beslagleggingsoperasie is op 15 September by Puma Energy Namibia se kantore by die Eros-lughawe in Windhoek uitgevoer. Dit is deel van ’n ondersoek deur die Namibiese mededingingskommissie (NACC) na Puma se beweerde misbruik van sy dominante posisie in die voorsiening van vliegtuigbrandstof (Jet A-1 en Avgas) by die Eros- en Ondangwa-lughawe.
Dit was die eerste klopjag wat deur die NACC uitgevoer is.
“Dié klopjag is die eerste ondersoekende stap wat onderneem is na vermeende anti-mededingende praktyke,” lui ’n verklaring deur die NACC. “Die kommissie kan kragtens artikel 34 van die Wet op Mededinging (Wet 2 van 2003) klopjagte uitvoer om vas te stel of ’n party betrokke was of besig is met optrede wat as ’n verbreking van die wet op mededinging beskou kan word,” lui die verklaring.
Vliegtuigoperateurs met wie Republikein gepraat het, het die stap deur die NACC verwelkom en gesê die bedryf is reeds vir jare ongelukkig met die besonder hoë pryse vir vliegtuigbrandstof wat deur Puma Energy gehef word.
Een operateur sê in tye wat die interna­sionale brandstofprys gestyg het, het Puma Energy maandeliks prysverhogings aangekondig. Toe die brandstofprys teen die begin van verlede jaar begin daal het tot byna die helfte wat dit was, is geen verlagings aan die bedryf toegestaan nie.
“Puma Energy het die lugvaartbedryf in Namibië seergemaak. Ons het op ’n keer soveel soos N$19,00 per liter Avgas betaal.
Die verbruiker is uiteindelik die een wat ly omdat dit baie duur word om te vlieg,” het nog ’n operateur gesê.
’n Ander operateur het daarop gewys dat dit goedkoper vir die onderneming was om van Windhoek af Walvisbaai toe en terug te vlieg om brandstof in te neem, as om op Eros vol te maak.
Operateurs het op voorwaarde van anonimiteit gepraat omdat hulle nie betrekkinge met die belangrike ver-skaffer wil vertroebel nie.
Volgens NACC was die doel van die klopjag om beslag te lê op dokumentêre en elektroniese bewyse wat verband hou met Puma se pryse ten einde die kommissie in staat te stel om te bepaal of Puma se pryse vir die voorsiening van vliegtuigbrandstof by die Eros- en Ondangwa-lughawe buitensporig en strydig met die wet is. Buitensporige pryse word kragtens artikel 26(1) van die wet, saamgelees met artikel 26(2)(a), verbied.
“Buitensporige pryse is ’n bron van kommer veral in hierdie geval vanweë die feit dat dit gehef word op vliegtuigoperateurs en -eienaars en dit uiteindelik in die vorm van duurder vliegtuigkaartjies na verbruikers deurgegee sal word.
“Buitensporige pryse kan ook die vermoë van vliegtuigeienaars en -operateurs ondermyn om voldoende vrye kapitaal te hê wat elders belê kon word, om te help om geleenthede te skep wat tot voordeel van die ekonomie kan wees, soos byvoorbeeld bykomende werkgeleenthede en die aanskaffing van beter gehalte produkte,” lui die verklaring.
Die kommissie maak dit duidelik dat die klopjag op sigself nie beteken dat Puma skuldig is nie. Die kommissie respekteer ook die maatskappy se reg tot verdediging.
Die ondersoek duur voort en alle materiaal waarop tydens die klopjag beslag gelê is, sal nou ondersoek word voordat tot ’n finale slotsom gekom word.
Die kommissie het ook aan Puma die geleentheid gebied om skriftelike voorleggings aan die kommissie oor die aangeleentheid te maak.
Kragtens die wet bestaan geen statutêre voorskrifte oor wanneer die ondersoek afgehandel moet wees nie aangesien dit deur die ingewikkeldheid van die saak bepaal word.
Puma se hoof van korporatiewe betrekkinge vir Afrika, Zohra McDoolley-Aimone, het op navraag uit Johannesburg laat weet: “Puma Energy het ’n streng beleid om te voldoen aan die vereistes wat deur nasionale, regulerende owerhede gestel word.
“Namibië is geen uitsondering nie. Puma Energy werk ten volle saam met die owerhede in verband met hul amptelike ondersoeke.1396986481

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!