Media24 erken hy het pryse vasgestel
Media24 erken hy het pryse vasgestel

Media24 erken hy het pryse vasgestel

Media24 het erken dat hy skuldig is aan prysvasstelling en die vasstelling van handelsvoorwaardes.

Die mediamaatskappy het ook ingestem om byna R14 miljoen op te dok as deel van ’n skikkingsooreenkoms wat met die Mededingingskommissie bereik is.

Die kommissie het 28 mediamaatskappye, waaronder Media24, na die Mededingingstribunaal vir vervolging verwys.

Die klagte sluit prysvasstelling en die vasstelling van handelsvoorwaardes.

Caxton, Independent Newspapers en DStv het al skuld op die klagte beken en dok saam ’n administratiewe boete van meer as R30 miljoen op. Hiervan betaal DStv R22,2 miljoen.

Die ondersoek het in 2011 begin en bevind dat mediamaatskappye wat Media Credit Coordinators (MCC) se dienste gebruik, advertensiemaatskappye dieselfde afslag en betalingsvoorwaardes gebied het.

Dit het in die praktyk beteken dat kleiner advertensiemaatskappye uit die mark gedruk is. MCC- geakkrediteerde agentskappe het 16,5%-afslag gekry, terwyl die agentskappe wat nié lede is nie, net 15% afslag gekry het.

Die kommissie het ook bevind dat die maatskappye wat aangekla word, het Corexalance (Corex), ’n tussenganger, gebruik om risiko-ontledings op advertensieagentskappe uit te voer sodat ’n struktuur vir die finale afslag en voorwaardes opgedwing kon word.

Ingevolge die Media24-skikking het die maatskappy ingestem om ’n administratiewe boete van R13,8 miljoen te betaal terwyl hy ook oor ’n tydperk van drie jaar R4,9 miljoen aan die ekonomiese ontwikkelingsfonds sal betaal wat help om swart advertensie- en media-agentskappe op die been te bring.

Die maatskappy sal ook 25% se bykomende advertensieruimte verskaf vir elke rand se advertensieruimte wat deur klein advertensie-agentskappe oor die volgende drie jaar gekoop word. Die bedrag word tot R35 miljoen beperk.

Nóg ’n advertensiemaatskappy, Provantage Media, het skuld op die twee klagtes beken en ingestem om R1,09 miljoen as deel van sy skikkingsooreenkoms met die kommissie te betaal. - Netwerk24

Netwerk24 is ’n publikasie van Media24, wat net soos DStv se beheermaatskappy, MultiChoice, ’n filiaal van Naspers is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!