Mediese fonds help met suurstof-konsentreerders
Namibia Medical Care (NMC) het suurstofkonsentreerders (10 liter) aangekoop om lede wat Covid-positief is tuis te ondersteun sou daar nie beddens in hospitale beskikbaar is nie. Die konsentreerders is beskikbaar by die Methealth-departement vir die bestuur van gesondheidsorg waar 'n verpleegkundige geraakte lede sal help.
Sou 'n lid 'n konsentreerder nodig het, moet dit gemotiveer word deur 'n brief van 'n dokter wat bevestig die persoon is positief vir Covid, die pasiënt se saturasievlak asook of simptome van asemnood ervaar word. Die konsentreerder sal vir 'n maksimum van sewe dae aan die lid beskikbaar gestel word. Die tydperk kan egter op aanbeveling van 'n dokter verleng word. Die konsentreerder kan slegs deur NMC-lede (hooflid en afhanklikes) gebruik word en voorwaardes en termes geld. Vir navrae kan (061) 287 6179 geskakel word of 081 489 5497 vir noodversoeke na ure of oor naweke.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie