Mediese sorg: ‘Die robotte is klaar hier’
Elvira Wood – Mense wat bekommerd is oor wat gaan gebeur wanneer robotte mediese sorg oorneem, leef in die verlede...
“Die vierde nywerheidsrevolusie en robotte is nie op pad nie, hulle is klaar hier.”
Dit is die boodskap van prof. Mashudu Tshifularo, hoof van oor-, neus- en keel-chirurgie by die Steve Biko- Akademiese Hospitaal in Pretoria. Hy het Woensdag in Durban gepraat op die mediese fonds vir staatsamptenare (Gems) se jaarlikse seminaar.
Tshifularo het in Maart vanjaar mediese geskiedenis gemaak toe hy die eerste bio-identiese 3D-gedrukte middeloorbeenoorplanting ter wêreld gedoen het.
“Kyk net hoe gebruik mense tegnologie om hulself gesond te hou. Hoeveel van julle dra ’n slimhorlosie wat vir jou wys hoeveel treë jy al vandag gegee het?” het hy aan die gehoor gevra.
“Hoeveel van julle kan hiersonder klaarkom?” het hy gevra terwyl hy na sy slimfoon wys.
’n Slimhorlosie of fiksheids-app is dalk nie wat mense as ’n “robot” beskou nie, maar dit is ’n goeie voorbeeld van hoe sentraal tegnologie reeds in die gesondheidsektor staan.
Daar hoef ook nie ver gesoek te word na voorbeelde van meer konvensionele “robotte” in Suid-Afrikaanse hospitale nie.
Tshifularo sê die Steve Biko-hospitaal se “robotapteker” is ’n goeie voorbeeld. “Voorskrifte word regstreeks aan dié robot gestuur, wat dan die medisyne vir die pasiënt kry. Dit maak die proses van medisyneverskaffing baie vinniger en doeltreffender.”
Moontlikhede
Tegnologie soos 3D-drukkers, robotte en kunsmatige intelligensie skep talle geleenthede vir die gesondheidsektor.
“Dink net, in die toekoms sal jou kind kan kies hoe sy of haar medisyne moet lyk. Hou jou kind van hondjies? Dan word die medisyne in hondjievorm gedruk. Hou sy van skoenlappers? Dan word skoenlappers gedruk en boonop in ’n geur waarvan die kind hou,” voorspel hy.
Tshifularo sê tegnologie wat reeds gebruik word en ’n toenemend groter rol kan speel, is onder meer 3D-drukkers, hommeltuie, robotte en gesentraliseerde databasisse.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens gebruik reeds hommeltuie om bloed en bloedprodukte af te lewer.
3D-drukkers kan ’n groot rol speel om prostese vinnig en pasmaak te vervaardig.
Uitdagings
Die gebruik van tegnologie bied egter ook groot uitdagings vir die gesondheidsektor, onder meer ten opsigte van etiese vraagstukke.
Dit sluit in:
· As ’n pasiënt inligting aan een dokter gee, mag daardie dokter dit sonder toestemming na ’n ander dokter stuur, selfs al is dit vir konsultasiedoeleindes?
· Tegnologie kan gebruik word om genetika aan te pas, wat ouers byvoorbeeld in staat sal stel om hul babas te “ontwerp” om ’n spesifieke voorkoms te hê.
· Die gebruik van hommeltuie om byvoorbeeld mediese toerusting, bloed en medisyne af te lewer is tot groot voordeel van die gesondheidsbedryf, maar wat gebeur as hierdie hommeltuie onderskep word?
· Nuwe tegnologie kan gebruik word om biologiese wapens mee te ontwerp. Hoe gaan dit beheer word?
· Hoe gaan data beskerm word? Tshifularo sê in 2016 is 16 miljoen pasiënte se data in ’n kuberaanval gesteel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie