Mediese toerisme bied 'groot geleenthede vir SA'
Mediese toerisme bied 'groot geleenthede vir SA'

Mediese toerisme bied 'groot geleenthede vir SA'

Elvira Wood



As Suid-Afrika sy kaarte reg speel, kan hy groot voordeel uit mediese toerisme trek.

“Pasiënte stroom reeds na Suid-Afrika vir mediese sorg. Ons is reg om 'n aantreklike bestemming te word waar mense behandeling kan kry en dan weer na hul eie land kan terugkeer,” sê prof. Mashudu Tshifularo, hoof van oor-, neus- en keel-chirurgie by die Steve Biko- Akademiese Hospitaal in Pretoria.

Hy was 'n spreker op die mediese fonds vir staatsamptenare (Gems) se jaarlikse seminaar wat in Durban gehou is.

Tshifularo het in Maart vanjaar mediese geskiedenis gemaak toe hy die eerste bio-identiese 3D-gedrukte middeloorbeenoorplanting ter wêreld gedoen het.

Hy het sy drome vir Suid-Afrika se gesondheidsbedryf in 'n onderhoud met Netwerk24 gedeel.

“Suid-Afrika is glad nie daarop gefokus om toerisme aantreklik te maak nie. Daar is groot uitdagings net om hiernatoe te kom. Daar moet dringend na visums gekyk word om dit vir pasiënte maklik te maak om hierheen te reis vir behandeling,” sê hy.

Tshifularo dink daar moet ook na beleid gekyk word om te verseker dat toeriste vir mediese behandeling betaal.

“Ons sien baie toeriste van die res van Afrika wat staatshospitale hier besoek en dus voordeel trek uit gratis dienste wat aangebied word. Ons moet dié voordeel tot Suid-Afrikaners beperk en buitelanders laat betaal,” sê hy.

Tshifularo sê hy sal in die toekoms graag wil sien dat daar 'n spesiale sentrum geskep word om mediese toerisme na Suid-Afrika te ontwikkel.

Dié sentrum kan dan help om ­pasiënte na die regte hospitale te verwys. Tshifularo sê lande soos Indië het reeds dié geleentheid raakgesien om buitelanders deur middel van gesondheidsorg as toeriste na hul land te genereer.

“Dink net hoeveel werk ons kan skep as ons só 'n bedryf kan skep,” sê hy.

“Ons het die kennis, die spesialiste en die geriewe. Ons moet dit tot ons voordeel gebruik.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!