Meer as 1 000 maaltye vir Covid-pasiënte

Klere vir minderbevoorregtes word in Swakopmund benodig.
Tanja Bause
Tanja Bause – Meer as ’n jaar gelede tydens die eerste hoktyd het me. Jacki Detlof-Wismer een aand hopeloos is die bed gelê en huil. Sy was ’n nie-essensiële werker en sy moes soos vele ander mense sonder salaris by die huis bly.

“Ek, my lewensmaat en stiefseun het geen inkomste gehad nie en kon ons nie soos baie ander Namibiërs kos koop of huur betaal nie. Ek het my voertuig, meubels, televisiestelle en juwele verkoop om te oorleef.

“Die een aand het ek besef hoe gelukkig ek was om dit te kon doen en hoeveel mense nie daar buite moet wees wat nie eens dít kon doen nie omdat hulle niks het om te verkoop nie.

“Ek het onmiddellik geweet iets moet gedoen word en het my familie, vriende, kliënte en basies enigiemand wat geluister het gevra of hulle dalk kan help. Ek was dankbaar oor die kleinste skenkings ... ’n blikkie bone, ’n pakkie rys, bietjie groente. Ons het alles gevat.”

Stadig maar seker het die skenkings begin inkom en het Detlof-Wismer begin om versorgingspakkies met pasta, rys, sojamaalvleis, blikkieskos, seep en groente of wat ook al beskikbaar was, bymekaar te sit en te begin uitdeel.

Ná sowat ’n jaar het sy vir me. Ciske Howard, die voorsitter van die Erongostreeksraad, gekontak.

“Ek het haar vertel dat ek twee groot potte sop gekook het en of sy weet waar die nood die grootste is. Sy het gevra of daar genoeg in die potte is om 150 Covid-19-pasiënte by die staatshospitaal te voed. Ons het dit gedoen en die vennootskap tussen Wismer Ecke, my besigheid, en The Ciske Covid Task Force het begin.”

Sover het hulle met die hulp van vrywilligers 753 maaltye uitgedeel aan Covid-pasiënte wat by hul huise herstel; 576 bakkies sop vir die pasiënte in die staatshospitaal op Swakopmund en meer as 80 bakkies sop en brötchens aan die slagoffers van die brand in die DRC informele nedersetting.

Wismer Ecke het nog 83 kospakkies met droë kos, seep, olie, sanitêre doekies en klere uitgedeel.

“Ek glo werklik dat ons, die gemeenskap, bymekaar moet kom, nie net as Namibiërs nie, maar as mense, om ’n verskil te maak, om bewus te wees van die totale verwoesting en wanhoop wat ons omring. Saam kan ons ons pragtige stad, ons land en ons mense herbou.”

Volgens Detlof-Wismer het almal daai een broek in die kas wat ons dink ons eendag weer sal aantrek, of die hemp wat net knope benodig.

“As almal net deur daai items kan gaan en die klere wat hulle eintlik weet hulle nie weer sal aantrek nie, of kinderklere wat te klein is uithaal en vir ons gee, kan ons die winter vir baie mense bly maak. Die winter het vinnig gekom en mense kry koud.

“Ons benodig ook kos wat ’n lang raklewe het en toiletware. Ons spens is leeg en ons benodig dringend help van enige vorm en grootte.

“As ons as gemeenskap nie ons medemense help nie, wie sal dit doen? Ek weet hoe dit is om niks te hê nie, om desperaat, honger en depressief te voel. Daar is nie ’n beter geskenk nie as om te gee voordat jy ontvang. Kontak my as julle wil en kan help by 081 368 9189.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!