Meer as 50% van geteikende bejaarde bevolking ingeu00ebnt
Meer as 50% van geteikende bejaarde bevolking ingeu00ebnt

Meer as 50% van geteikende bejaarde bevolking ingeënt

Henriette Lamprecht
Namibië het 55% van sy geteikende bejaarde bevolking ingeënt, terwyl 49,8% van die teikenbevolking van mense met onderliggende toestande 'n entstof teen Covid-19 ontvang het. Volgens data van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het 51 381 (55,2%) persone ouer as 60 teen Maandag 'n entstof ontvang, met die ministerie se teiken wat 93 063 bejaardes is. Die ministerie wil ook 235 659 mense met onderliggende toestande soos diabetes, hartsiekte en hoë bloeddruk inent. Teen Maandag het 109 553 mense in dié kategorie reeds hul spuite ontvang. Volgens Nampa het Kavango-Wes 90% van sy bejaarde teikenbevolking ingeënt en 74% van mense met onderliggende toestande. Die streek het 'n teikenbevolking van 1 812 en het tot dusver 1 635 mense ingeënt. Die streek word gevolg deur Hardap met 3 123 van sy teikenbevolking van 3 518 wat ingeënt is. Die laagste inentingsyfer vir bejaardes is Zambezi met 15%.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!