Meer as 6 000 skragingsdosisse sover toegedien
Meer as 6 000 skragingsdosisse sover toegedien

Meer as 6 000 skragingsdosisse sover toegedien

Ronelle Rademeyer
Namibië het in die jongste verslagperiode 404 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld. Dit was nadat 1 508 mense die afgelope 24 uur getoets is.
Dit beteken die positiwiteitskoers is 26,8% - bykans 10% meer as die vorige dag se 17,8%.
Die oudste mens onder dié wat positief getoets het, is 99 jaar, sê die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste in sy daaglikse Covid-verslag.
Daar is tans 15 008 aktiewe gevalle in die land, waarvan 334 in hospitale is. Van hulle is 35 in intensiewesorgeenhede.
Agt van die gehospitaliseerde gevalle het een dosis van die Covid-19-entstof ontvang, terwyl 34 van dié pasiënte volledig ingeënt is.
Twee van die gevalle in ICU is ten volle ingeënt. Die ander 33 (94,2%) is nie ingeënt nie.
Tot dusver het 6 013 mense in die land skragingsdosisse (“booster shots”) gekry, terwyl 238 706 van die bevolking volledig ingeënt is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!