Meer dae, groter rede

Dani Booysen
Dani Booysen - Pres. Hage Geingob het Maandag ‘n belangrike toon gestel vir Namibië se tweede nasionale grondkonferensie en die verwagte uitslag van die beraad.

Hy het die erns van die vraagstuk beklemtoon en gesê almal moet tot grondwetlik en ekonomies verantwoordelike oplossings bydra.

Met alle respek vir die belangrike bydraes wat oudpresidente Sam Nujoma en Hifikepunye Pohamba op verskillende fronte gemaak het, mag hul pleidooi dat die staat alle grond in besit moet neem nie Geingob – huidige hoof van die regering – se boodskap neutraliseer nie. Die voorstel sal op totale onteiening neerkom.

Dié radikale eise kom van twee leiers wat gesamentlik vir 25 jaar die mag gehad het om toe te sien dat besluite oor grondhervorming uitgevoer word. Hulle was ook aan bewind toe hervestigingsgrond, soos Geingob erken het, aan onverdienstelike persone weggegee is.

Nou wil die twee grondwetskrywers die volk laat stem om eiendomsregte in te perk. Universele regte is juis verskans sodat geen leiers of selfs ‘n golf van populisme dit kan skend of afwater nie.

Weereens met respek, kan niemand glo dat mnr. Nujoma nou eers agterkom hoe stadig grondhervorming vorder nie.

Die hoop moet bly dat rede die week sal insink in oorde waar dit dalk afwesig is, en dat die indaba nie “hoe later, hoe kwater” word nie.

‘n Model vir samewerking gebaseer op grondwetlike beginsels en die definiëring van billike vergoeding is sentrale kwessies wat in die beraad se resolusies moet neerslag vind.

So sê ander

2 Oktober 2018

A lesson in disaster preparedness

We are deeply saddened to learn of the huge death toll brought about by the catastrophic earthquake and tsunami in the Indonesian island of Sulawesi.

The gravity of the situation can hardly be put into words.

There is an important lesson in disaster preparedness to be learnt from this episode for Bangladesh.

All measures possible for disaster risk reduction (DRR) have to be taken. Given our extremely high population density, the effects of a full-blown natural catastrophe could be deadly if proper DRR programmes in schools, homes and municipal planning are not in place.

We hope the government works to eliminate the gaps in disaster planning at the local level and ensures the involvement of the community in disaster preparedness plans.

• THE DAILY STAR (BANGLADESH)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!