Meerkat-familie ondersteun mekaar
Meerkat-familie ondersteun mekaar

Meerkat-familie ondersteun mekaar

Henriette Lamprecht
Die Okanti-stigting bied einde vandeesmaand weer 'n Meerkatfamilie-werkwinkel aan.

Die doel van dié werkwinkel en gepaardgaande program is om ondersteuning te bied aan families wat deur onder meer chroniese siektes geraak word en ook om hul uitdagings, frustrasies en vrese met ander in soortgelyke situasies te deel.

Die werkwinkel, wat op 28 Oktober plaasvind, is moontlik gemaak danksy ruim skenkings deur wyle mnr. Hellmut von Leipzig se vriende en familie. Dit word gratis vir die hele familie aangebied en sal in Windhoek of Lüderitz plaasvind, afhangend van getalle.

Pasiënte, ouers, grootouers, broers, susters, orgaanskenkers, sowel as versorgers kan by hierdie geleentheid baat.

Die werkwinkel begin om 08:00 met die aankoms en registrasie van deelnemers, terwyl amptelike verrigtinge om 09:00 begin en op die laatste tot 18:00 sal duur. Registrasie sluit Vrydag (6 Oktober) om 17:00. 'n Registrasiefooi van N$50 is betaalbaar. Vir meer besonderhede kan Michaela Tietz by 081 127 8544 geskakel word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!