Mennoniete-broeders vind u2018pastooru2019 onskuldig
Mennoniete-broeders vind u2018pastooru2019 onskuldig

Mennoniete-broeders vind ‘pastoor’ onskuldig

Gerine Hoff
Catherine Sasman – Die stigter en selfverklaarde pastoor van die Evangeliese Mennoniete Broederlike kerk in Namibië, mnr. Pedro Marcelino Moussongela, is kwytgeskeld ná ’n ondersoek na beweringe dat hy minstens ses vroue in sy kerk en ’n ander goedgelowige vrou swanger gemaak het.
Twee lede van die kerkraad, die Namibiër, Petrus Titus Shimbango en die Zimbabwiër, Ordious Chibalala, het in ’n mediavrystelling gesê die kerk was “verras” oor die aantygings wat gemaak is in ’n berig wat op 31 Maart 2016 in die Namibian Sun verskyn het. Hulle het op grond daarvan besluit om ’n interne ondersoek na die beweringe te gelas.
“Die kerkraad het besluit om ’n stadige, maar bepaalde strategie met betrekking tot die ondersoeke na die beweerde swangerskappe te volg.”
Hulle het gesê die ondersoek was regverdig en hulle het Moussongela onskuldig bevind aan die beweringe van swangerskap, en het gesê die berig was beide vals en lasterlik, en dat hulle ’n verskoning van die koerant eis.
Hulle het gesê die berig het gevolg kort ná die erkenning dat ’n sekere pastoor – nie van die Mennoniete broeders nie – gemeentelede swanger gemaak het.
Shimbango en Chibalala het gesê Moussongela is nie ’n pastoor nie, maar wel ’n Mennoniet-sendeling.
Intussen bly Moussongela in aanhouding terwyl hy verhoorafwagtend is in verband met verskeie klagte van mensehandel, verkragting, aanranding deur bedreiging en bloedskande.

KERKSTRUKTURE
Intussen het dit aan die lig gekom dat sekere instansies wat steun van die Mennoniet-kerk in Amerika en Kanada ontvang, nie bestaan nie. Dit volg ná Mennoniet-pastore Garry Prieb en Victor Wiens in April vanjaar die Mennoniet Broederlike gemeenskapskool by Omafu besoek het.
In korrespondensie tussen Prieb en ’n lid van die kerk, wou eersgenoemde weet presies waar sewe gemeentes, ’n bejaardesorgsentrum en ’n weeshuis geleë is, wat impliseer dat sulke strukture nie bestaan nie. Prieb het ook navraag gedoen oor 300 weeskinders wat glo deur die kerk by ’n weeshuis onderhou word, maar slegs oor 30 kinders verantwoording gedoen is.
Shimbango het Woensdag gesê slegs twee gemeentes by Omafu en Engela bestaan nog, aangesien die ander weens konflik binne die kerk ontbind is.
Hy het gesê die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn het hul aansoek vir ’n weeshuis afgekeur weens die kriminele klagtes teen Moussongela, asook omdat die terrein vir die voorgestelde instansie té na aan die Angolese grens is.
Hy het voorts gesê ’n bejaardesorgsentrum sal nog gevestig word, maar het bygevoeg die kerk bestuur tans ’n voedingsprogram vir bejaardes by Embidi in die Ohangwenastreek – juis waar Moussongela in Februarie tydens sy borgtogverhoor gesê het hy ’n villa besit.
Shimbango het erken die kerk is nie by die ministerie van handel en nywerheid of die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geregistreer nie, maar dit is wel ’n geregistreerde lid van die Vereniging van Charismatiese Kerke in Namibië (ACPCN).
Hy het ook gesê dat hoewel geen kerkdienste tussen 2013 en 2015 gehou is nie, ’n kerkraad in Januarie verlede jaar op Engela verkies is. Dié raad bestaande uit Shimbango en Chibalala, asook Veronica Nghikumwa, Freddie Insundaka. Nog ’n persoon wie se naam nie voorsien is nie, was verantwoordelik vir die ondersoek. Saam het hulle met lede van die kerk op Engela asook lede van die gemeenskap gesels, waaruit hulle hul gevolgtrekkinge oor die beweringe van swangerskap gemaak het.

LEERLINGE SE VEILIGHEID
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, wat die Mennoniet-skole subsidieer, het ná Moussongela se inhegtenisneming aan die begin van Julie ’n ondersoek na die skool op Omafu gelas.
Die span het onderhoude gevoer met Moussongela se vrou, Ndamona, die waarnemende skoolhoof, mnr. Ngoeie Ngoie, wat volgens bronne ’n lid van Moussongela se familie is, asook drie van die 27 onderwysers, drie koshuismatrone en tien leerlinge.
Die skool het erken dit het in 2015 en 2016 subsidies van die ministerie ontvang en dat leerlinge elke maand N$1 000 vir koshuisverblyf, en tussen N$250 en N$500 vir skoolgeld betaal.
Die ministeriële span het gesê die veiligheid van leerlinge by die Omafu-skool is “nie ’n bron van kommer nie” en het voorgestel dit word toegelaat om “soos normaalweg te funksioneer”. Die span het voorgestel die skool “skenk aandag aan sy tekortkominge” en dat die ministerie se streekkantoor die situasie monitor.
Die ondersoekspan het 595 leerlinge daar gevind, en nie die 700 wat Moussongela tydens sy verhoor om borgtog beweer het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!