Mensekrisis in Mianmar
Bangladesj het streng beperkings op die bewegings Rohingia geplaas.
Sheikh Hasina, eerste minister van Bangladesj, het Saterdag na New York vertrek om internasionale hulp en groter druk op Mianmar te vra vir die groeiende vlugtelingkrisis in sy land.
Die Verenigde Nasies (VN) sê meer as 400 000 Rohingia het reeds die afgelope paar weke van Mianmar na Bangladesj gevlug.
Die VN en menseregte-organisasies sê die moorde, verkragtings en afgebrande dorpe dui op etniese suiwering en het ’n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om druk te plaas op Aung San Suu Kyi en haar regering om die geweld te beëindig.
Intussen het Bangladesj Saterdag streng beperkings geplaas op die bewegings van Rohingia.
Die polisie in Bangladesj sê in ’n verklaring Rohingia Moslems mag nêrens reis nie, nie eens om by familie of vriende te gaan bly nie.
Vervoergroepe en bestuurders is gevra om nie vlugtelinge te vervoer nie en eiendomseienaars is gevra om nie eiendom aan hulle te verhuur nie.
Ontleders sê die regering wil verhoed dat die Rohingia verdwyn in die algemene bevolking en wil hê hulle moet sigbaar bly in die hoop om hulle na Mianmar te laat terugkeer, of selfs na ’n ander land te stuur.
Muhammed Ason (24) is een van dié vlugtelinge.
“Voor die krisis het ek Engels studeer aan ’n Birmese hoërskool in die staat Rakhine.
Ek wou Engels leer sodat ek die Rohingia-gemeenskap kon help en hul probleme aan die wêreld kon oordra. Ek het ook ’n kruidenierswinkel gehad.
“Ek was nie baie gelukkig in Rakhine nie; ons het geen vryheid nie en ek is nie toegelaat om voorraad vir my winkel van ander lande te kry nie. Daar is so baie beperkings wat ons lewe moeilik maak.
“Toe kom die weermag na ons dorp en begin skiet. My buurman kon die foltering nie verduur nie en hy het met ’n mes probeer terugbaklei. Hulle het hom voor my oë doodgeskiet. Hulle martel ons al jare lank, slaan ons en beperk ons bewegings, maar nou skiet hulle ons – ek kon nie so leef nie, toe vlug ek na Bangladesj.
“Ek het nie woorde om te beskryf hoe hartseer ek is dat ek my dorp verlaat het nie. Alles wat ek besit, is daar. Die enigste ding wat ek kon saamdra was ’n spaar-longji (’n kledingstuk wat om die middel gedra word en alledaags is in Mianmar).
“Maar ek is meer bevrees vir die Rohingia wat agtergebly het, wie weet wat van hulle sal word.
“Ek hou nie daarvan in Bangladesj nie. Ons moet langs die pad slaap, dis nat en modderig en ons kry nie genoeg hulp nie. Hier is so baie Rohingia, die mense van Bangladesj probeer help en hier is ’n paar organisasies, maar dit is te min vir die groot getalle Rohingia wat in hierdie omstandighede woon.
“Die wêreld moet druk plaas op die regering van Mianmar om ons toe te laat om terug te gaan na ons land. Bangladesj is nie ons land nie, die mense hier sê ons is Rohingia en ons is Birmees. Ons is van Rakhine en dit is waar ons behoort.
“My versoek is dat die wêreld ons asseblief help om ons eie regte in Mianmar te kry. Die Boeddhiste leef in vrede, so hoekom nie ons nie ook nie – ek wil soos hulle leef. “Die Boeddhiste kan Boeddisme volg en ons sal Islam volg. Ons wil nie godsdienskonflik hê nie, ons wil net ons godsdiens beoefen soos hulle dit doen.” – Al Jazeera/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie