Menslike oorskot by Uis gevind
Menslike oorskot by Uis gevind

Menslike oorskot by Uis gevind

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is twee lyke glo Vrydag langs die grondpad tussen Hochfeld en Osire deur ‘n verbyganger gevind.
Menslike oorskot, vermoedelik die van een van drie mans wat 31 dae gelede as vermis by die polisie aangemeld is, is gevind.

’n Veewagter het Saterdag om 16:45 glo menslike oorskot naby die plaas De Rust sowat 56 km van Uis gevind.

Die polisie het ondersoek ingestel en ‘n geel T-hemp, blou plakkies, ‘n donker blou onderbroek, ’n oranje oorpak, ‘n rooi baadjie, hare en bene gevind.

Op die grond was na bewering ook bloeddruppels en sleepmerke wat in die rigting van ‘n berg gelei het.

Die polisie het die baadjie en plakkies in ’n grot gevind. Die vermoede is dat die liggaam deur ‘n wilde dier na die grot gesleep is.

Hulle vermoed dit is die oorskot van een van die drie mans wat vermis geraak het op pad Brandberg toe om halfedelgesteentes te myn.

Hulle het egter besluit om Uis toe te stap op soek na hulp nadat die voertuig wat hulle in Gobabis gehuur het nie meer brandstof gehad het.

Die vermoede is die slagoffer is deur ‘n wilde dier aangeval en doodgemaak.

Die drie mans is mnre. Uniseb David (36), Kheinamseb Abraham (35) en Sarel Gomiseb (26). Hulle is op 23 Maart as vermis aangemeld toe hulle nie in Uis aangekom het nie.

Die oorskot sal na die lykshuis op Walvisbaai geneem word vir verdere ondersoek.

‘n Forensiese ondersoek sal gedoen word om die identiteit van die oorledene vas te stel. Die soektog na die ander twee vermiste mans duur voort.

KERKKLOKKE GESTEEL

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is twee lyke glo Vrydag om 20:00 langs die grondpad tussen Hochfeld en Osire naby die plaas Nooitgedag deur ‘n verbyganger gevind. Die man het ‘n voertuig op dié pad gesien en die polisie in kennis gestel.

Die polisie het niemand binne die voertuig gevind nie maar wel twee liggame in die gras langs die voertuig.

Die voertuig het geen registrasiemerke gehad nie. Die twee mans, wat as broers geïdentifiseer is, het bewering die voertuig sonder die eienaar se toestemming geneem.

Verdagtes het na bewering Donderdagnag die kerkklok van die ELCIN-kerk in Oshitayi naby Ondangwa gesteel. Die kerkklok is N$50 000 werd en niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Op 29 Maart is die kerkklok van die Oshitutuma Rooms-Katolieke Kerk in die Oshitutuma-nedersetting glo ook gesteel. Die klok se waarde is N$100 000.

VERDRINKINGS

Mnr. Joseph Uugwanga (27) het Saterdag om 18:30 na bewering in die Halali-kamp se swembad in die Etosha Nasionale Park verdrink. Hy was glo ’n werknemer by dié kamp.

Twee mense het Sondag om 11:00 in die Onambandje-nedersetting in die Omusatistreek verdrink. Mnr. Ananias Natangwe (34) en Naseotweya Titus (23) was besig om modder uit ‘n waterput te haal toe hulle glo verdrink het. Nog twee mans, wat saam in die put was, is na die Okahao-distrikshospitaal geneem. Een van hulle is in ‘n kritieke toestand.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!