Merkel se 4de termyn onseker

Met die onttrekking van die FDP-party aan koalisie-onderhandelinge in Duitsland, is die land in 'n politieke krisis gedompel.
NAMPA
Duitsland se kanse­lier Angela Merkel het gister gesê haar pogings om 'n drieledige koalisieregering te vorm, het misluk. Dit bring 'n politieke krisis in die land mee en is 'n stap nader aan moontlike nuwe verkie­sings.

Die pro-sake Vrye Demokrate (FDP) het ná vier weke se onderhandelinge met Merkel se konserwatiewe Christen Demokratiese Unie (CDU) en die ekologiese Groen-­party onverwags onttrek en “onversoenbare ver­skille” as rede gegee.

Die euro het 'n laagte­punt teenoor die Japan­nese yen bereik, kort nadat die FDP-­leier, Christian Lindner, Sondag dié aankondiging gemaak het.

Merkel het moeg gelyk toe sy gesê het sy sal aanbly as waarnemende kanselier en dat sy pres. Frank-Walter ­Steinmeier oor die pad vorentoe sal raadpleeg.

Sy sê 'n ooreenkoms was binne die onderhandelaars se bereik.

“Dit is 'n dag van diepe nadenke oor hoe om in Duitsland vorentoe te gaan,” het Merkel aan verslaggewers gesê. “As kanselier sal ek alles in my vermoë doen om te verseker dat die land in die moeilike komende weke goed bestuur word.”

Posisie verswak

Dit was 'n somber oomblik in die loopbaan van 'n vrou wat gedurende die afgelope 12 jaar aan bewind 'n simbool van stabiliteit was, 'n leier in die euro-sone tydens die skuldkrisis was en iemand wat 'n ooreenkoms tussen die Europese Unie en Turkye bereik het om die stroom migrante te stuit.

Merkel se posisie het ná die September-verkiesings verswak met kiesers wat kwaad is oor haar besluit in 2015 om Duitsland se grense vir meer as 'n miljoen asielsoekers oop te stel. Die CDU is gestraf en baie konserwatiewe kiesers het vir die verregse Alternatief vir Duitsland (AfD) gestem.

Die dooiepunt in die onderhandelinge bring mee dat Duitsland twee opsies het wat nie in die era sedert die Tweede Wêreldoorlog gesien is nie: Merkel vorm 'n minderheidsregering of die president kondig nuwe verkiesings aan indien 'n regering nie gevorm kan word nie.

Die sentraal-linkse Sosiale Demokrate (SPD), Merkel se huidige koalisievennote, het 'n herhaling van die alliansie met haar konserwatiewes verwerp.

Die SPD het die tweede meeste stemme in die verkiesing ingepalm. Die CDU het die meeste stemme gekry, maar het aansienlik minder setels in die Bundestag.

- Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!