Mieliefees weer 'n reusesukses
Mieliefees weer 'n reusesukses

Mieliefees weer 'n reusesukses

Gerine Hoff
Die immergewilde Bastion Farmyard Mieliefees het onlangs vir die derde agtereenvolgende jaar op Mariental plaasgevind, en volgens die organiseerder, me. Salome Schoeman, het ongeveer 500 mense die fees bygewoon.
Die fees, wat vanjaar onder die tema “Uitgepit? Moenie stronk praat nie!” gehou is, het vroeg die oggend afgeskop en laataand afgesluit met die Mieliedans waar André en Joggie musiek gemaak het.
Benewens talle stalletjies met uitgesoekte produkte, heerlike kos, kindervermaak, pretritte, ? biertuin, koffiewinkel en mielies in vele vorms, is trekkers, implemente, landboutoerusting en voertuie ook uitgestal.
Oudergewoonte was verskeie kompetisies aan die gang, met pryse wat op die spel was.
Schoeman het gesê die potjiekoskompetisie is hierdie keer met ? ribbraai vervang en dit het baie goed afgeloop. Die braaiers van die lekkerste rib het N$5 000 gewen, terwyl die beste soet-bygereg en beste sout-bygereg N$2 500 elk gekry het.
Vir die fikses was die Mariental Fietsryklub vir die eerste Bastion-bergfietsuitdaging verantwoordelik. Volgens Schoeman was die uitdaging groot pret vir die hele gesin, met meer as 50 fietsers wat die 10 km, 20 km, 30 km en 70 km afstande kafgedraf het.
Bastion Farmyard is in die hart van die Hardap-besproeiingskema, ongeveer 14 km noord van Mariental, geleë.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!