Miljoene vir rioolnetwerk in Ongwediva-buurte
Miljoene vir rioolnetwerk in Ongwediva-buurte

Miljoene vir rioolnetwerk in Ongwediva-buurte

Kristien Kruger
Tuyeimo Haidula op Ongwediva – Die stadsraad op Ongwediva het Dinsdag aangekondig dat 'n rioolnetwerk aan die inwoners van Uitbreiding 15 voorsien sal word.

Die projek sal 310 erwe beslaan en vir sewe maande duur. Dit het in Mei begin en sal in November 2021 voltooi wees.

Larissa Investment cc sal die projek ter waarde van ongeveer N$8,2 miljoen bestuur.

Volgens die burgemeester, mnr. Talah Shalyefu, het die projek ontwikkel ná verskeie konsultasies tussen die inwoners van Uitbreiding 15 en die stadsraad die afgelope jaar. Hy het gesê inwoners sal onderbrekings in dienste ervaar weens die projek.

“Die stadsraad versoek die inwoners om hul volle ondersteuning en samewerking aan die kontrakteur te verleen om die tydige voltooiing van die projek te verseker. Hierdie projek sal inwoners in staat stel om met die rioolstelsel te verbind en sodoende nie meer van die rioolputte in die omgewing gebruik hoef te maak nie,” het Shalyefu gesê.

Hy het die inwoners herinner die munisipaliteit is daartoe verbind om basiese dienste soos water, riool, elektrisiteit en erwe binne die beperking van beskikbare hulpbronne aan die inwoners beskikbaar te stel.



BETALINGSVAKANSIE

Volgens Shalyefu het die raad verlede jaar in Augustus 'n rioolstelsel aan die inwoners van Reception 3 oorhandig en 'n betalingsvakansie op die aansoeke van rioolaansluitings ingestel.

Hy sê hoewel die betalingsvakansie in Januarie 2021 geëindig het met slegs 57 inwoners wat voordeel daaruit getrek het – insluitend 28 by Reception 3 (met ongeveer 113 huise) – het die raad besluit om die betalingsvakansie vir rioolaansluitings met ses maande te verleng, vanaf Junie 2021 tot November 2021.

“Ons mikpunt is om sanitasie in Ongwediva te verbeter deur die voorsiening van rioolnetwerke op plekke sonder riolering. Daarom doen ek 'n beroep op alle inwoners met rioolnetwerke wat in hul gebiede geïnstalleer is, om gratis vir rioolaansluiting aansoek te doen voordat die betalingsvakansie in November vanjaar verstryk,” het Shalyefu gesê.

Die woordvoerder van die Ongwediva-munisipaliteit, mnr. Jackson Muma, het inwoners versoek om by die stadsraad aansoek te doen vir rioolaansluiting. Muma het gesê sonder die betalingsvakansie sou die inwoners N$2 169 moes opdok.

[email protected]


FOTO
Ongwediva se burgemeester, mnr. Talah Shalyefu. Foto Tuyeimo Haidula

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!